Ontsluit die Bybel is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur bekroonde skrywer Stephan Joubert saam met Leonard Maré.
Alles vir die sleutelwoord "nuwe vrystelling"
Boek: Onder ’n sterrehemel
Met die Anglo-Boereoorlog op hande, loop Catriona Fraser, ’n jong meisie uit die Kaapkolonie se grensdistrikte, weer vir Rudolf Dreyer van die buurplaas raak. Sy ontdek baie gou dat hy steeds die man is wat haar hart in sy hande hou.
Boek: Katerina se mojo
Katerina is in haar naugty forties en dis waar sy graag wil bly, want vir ’n vrou is haar vyftigste verjaarsdag ’n dag van verskrikking. Katerina is amper daar en dit voel of sy haar mojo langs die pad verloor het; sommer ook die vlam wat daar eers tussen haar en Simon was.
Boek: Ek is tot alles in staat
Dié bekende skrywer en radiopersoonlikheid breek Filippense in 10 studies op om te sien wat hierdie boek vir elkeen individueel, asook in die groter prentjie van die boek wil sê.
Boek: Begin – nou is die tyd
Kan ’n mens van bladsy tot bladsy skaterlag en terselfdertyd geïnspireer word om jou grootste drome uit te leef en middelmatigheid te ontsnap? Beslis! New York Times- en Wall Street Journal-topverkoper-outeur Jon Acuff doen presies dit in Begin – nou is die tyd.
Boek: Ons twee saam
Ons twee saam is die eerste boek deur die bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wat spesifiek vir paartjies geskryf is. Angus deel sy perspektief op die huwelik en hoe om hierdie Godgegewe seëning te waardeer en te beskerm – iets wat hy al meer as 40 jaar saam met sy vrou, Jill, doen.
Boek: Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling
Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied lesers die geleentheid om te sien hoe die teks van die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV), ’n direkte vertaling, verskil van die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is.
Boek: Die donker geheim
Die donker geheim draai om ’n misdaad wat die polisie gedink het opgelos is, maar nou net die begin van ’n nuwe hoofstuk blyk te wees …
Boek: Die geïllustreerde Bybelhandboek
Die wêreld van die Bybel lyk dikwels vir moderne lesers vaag en vreemd. Die geïllustreerde Bybel-handboek bied aan lesers ’n volledige prentjie van die leefwêreld van die Bybel.
Karoo-Kantate
Die verhaal van Jeanne Labuschagne – of Jannie Lappies – wat vir ʼn kort vakansie uit haar kinderhuis in Kaapstad gehaal word deur Stien Terblanche, en geneem word na die klein dorpie waar Stien se oom, ʼn wêreldbekende dirigent en komponis, woon.