In vandeesweek se Maroela Media Top 20 is daar sewe snitte wat styg, 10 snitte wat daal, een wat sy posisie behou, asook twee splinternuwe liedjies wat die week se Top 20 betree. Joe Foster se “Vir my gemaak” en Neil Somers se “Skipper” val ongelukig uit die week se Top 20.
Alles vir die sleutelwoord "nuwe vrystellings"
[Luister] Adam Barnard verras met nuwe klank
Die voormalige Romanz-sanger, Adam Barnard, het onlangs sy eerste album vir die algemene mark, Seisoene in die Son, vrygestel wat beloof om dié sanger se solo-loopbaan na nog hoër hoogtes te voer.
[Luister] Dan Patlansky bring binnekort nuwe album uit
Die blues-en-rock-sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler Dan Patlansky noem nou wel Suid-Afrika sy huis, maar dié sanger maak internasionaal só opslae dat kanse vir Suid-Afrikaanse aanhangers al skraler word om sy plaaslike konserte by te woon. Dié sanger stel binnekort sy nuutste album bekend.
Luister: Hanna Boss sing vir die seer harte
Elke voël sing soos hy gebek is, sê die sanger Hanna Boss, maar háár musiek vertel van régte liefde, weerloosheid en seerkry. Dié sanger het onlangs haar eerste enkelsnit “Daar” uitgereik en beplan om nog groot golwe in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te maak.
Luister: Charlize Berg praat oor nuwe album
Charlize Berg, wat voorheen benoem is vir ʼn Ghoema en Sama-toekennings, het onlangs haar jongste album, As jy weet dis liefde, uitgereik. Die enkelsnit op dié album, “Braaf”, en die musiekvideo daarvan maak ook opslae in die musiekbedryf.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 11 April
In vandeesweek se Maroela Media Top 20 is daar ses snitte wat styg, tien snitte wat daal, twee wat hulle posisies behou asook twee splinternuwe liedjies wat vandeesweek die Top 20 betree.
Marno van der Merwe sing ook in regte lewe
Aanhangers het Marno van der Merwe die eerste keer agter die mikrofoon gesien op die silwerdoek en die kassie – dié keer bring die veelsydige vermaakkunstenaar werklik sy eerste enkelsnit uit.
[Foto’s] ‘My Father’s War’: dis oorlog tussen pa en seun
‘My Father’s War’, ʼn drama in Afrikaans en Engels wat fokus op die gebroke verhouding tussen ʼn pa en sy rebelse tienerseun, word later vanjaar landwyd in teaters vrygestel.
RymStoff sing oor ‘Hartvlinders’
Die nuwe Afrikaanse musiekgroep, RymStoff, wat bestaan uit Christoff de Beer en Raymond Ray, trek wye aandag van musiekaanhangers met die groep se eerste enkelsnit, “Hartvlinders”, wat vandeesweek vrygestel is.
Jitsvinger en Krisjan Fourie: Klank van ʼn ander soort
Die laterale kletsrymer, Jitsvinger, oftewel Quintin Goliath en die komponis, Krisjan Fourie, probeer grense verskuif met hul eerste enkelsnit as musiekduo, “Dink voor jy doen”.
Nuwe vrystellings: 7 Maart 2016
Hier is Daantjie Dinamiet se witwarm opsommings van die beste nuwe Afrikaanse vrystellings.
Nuwe vrystellings: 29 Februarie 2016
Daantjie Dinamiet maak vandeesweek ʼn opsomming van die gewildste nuwe vrystellings in Afrikaans.
Nuwe vrystellings: 15 Februarie 2016
Die liefde vier weer hoogty in Afrikaanse musiek! Daantjie Dinamiet maak vandeesweek ʼn opsomming van die gewildste nuwe vrystellings in Afrikaans.
Nuwe vrystellings: 8 Februarie 2016
Vandeesweek se nuwe vrystellings sluit goed aan by die liefdesmaand. Daantjie Dinamiet kyk dié week na die gewildste nuwe vrystellings in Afrikaanse musiek.
Nuwe vrystellings: 1 Februarie 2016
Daantjie Dinamiet maak vandeesweek ʼn opsomming van die gewildste nuwe Afrikaanse vrystellings.
Nuwe uitreikings: 25 Januarie 2016
Verskeie kunstenaars pak 2016 by die horings met nuwe uitreikings. Daantjie Dinamiet lys oudergewoonte van die gewildste nuwe uitreikings wat tans landwyd op die radio speel.
Inkleurboeke: ‘Wees lig’ en ‘Wees stil’
Dié inkleurboeke vir volwassenes met hul meer as 60 ontwerpe en kaartjies op geperforeerde bladsye is die ideale verskoning om weg te breek van die alledaagse.
Boek: Humor- en troosbeskuit
Susan gee ons raad oor hoe om blou Maandae, geen melk in die yskas en ESKOM se loadshedding te hanteer deur alles in ’n stewige omhulsel van humor te plaas.
Boek: Jou voetpad na vrede
Jou voetpad na vrede se 366 dagstukke bespreek temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees.
Nuwe vrystellings: 21 September 2015
Carla Oberholzer, Die Ventertjies en Juanita du Plessis het nuwe musiek.