“Ons wou iets skryf oor die storm wat rondom mense gebeur en die stilte wat in die middel van die storm kan wees as jou fondasie op die regte plek is. Partykeer is dit ’n “doodgewone avontuur” en soms bevind jy jouself in die “oog van die storm”.
Alles vir die sleutelwoord "nuwe vrystellings"
‘Vaselinetjie’ ʼn lokettreffer
Vaselinetjie – die roerende fliek wat op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugroman gegrond is – is ʼn lokettreffer.
[Video] ‘Vaselinetjie’: Om te soek na hoop en ʼn eie identiteit
“Die fliek gaan daaroor om mense anders na die wêreld te laat kyk. Om te besef dat die wêreld nie so klein is soos wat ons dink nie en dat daar baie is wat swaar kry. Dit leer ons dat dit oukei is om te weet wie ons is, maar dis ook oukei om steeds na jou eie identiteit te soek.”
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 18 September 2017
Wie is vandeesweek in die nr. 1-posisie?
Luister: Elandré Schwartz: ʼn ‘Kleindorpdromer’ met ʼn gróót stem
“Een van die liedjies op die album, ‘Forever’, is deur my oom, Henry geskryf. Hy is eintlik ʼn motorwerktuigkundige, maar ʼn ongelooflike skrywer. Hy skryf byna elke dag en het ʼn hele lêer vol liedjies,” vertel Elandré Schwartz.
[Video] Kaleidoskoop vertel oor versoening, vergifnis in ‘die goeie’
Dit was -8 ºC die oggend toe die hoofakteur in gevriesde gras moes lê vir die openingskoot van dié video. Nou stel kaleidoskoop die musiekvideo vir hul jongste liedjie, “Die goeie”, Dinsdag eksklusief op Maroela Media bekend.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 21 Augustus 2017
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Nuwe uitdaging vir Ivan en Donnalee
Die glanspaartjie Ivan Botha en Donnalee Roberts het meer as net die goeie nuus oor hul verlowing om met aanhangers te deel.
Piet Matipa gee ʼn ‘dwarsklap’ met humor én in Afrikaans
Nee, hy ken nié die sogenaamde Waterkloof-4 nie, hy was gek oor die kinderhuis en hy is nié verantwoordelik vir Oubaas wat 7de Laan verlaat nie.
Luister: Willem Botha: ʼn Boodskapper vir die liefde
“Lag meer en sien eerder die positiewe in die lewe. Ja, daar is baie donker en negatiewe dinge in ons land en in die lewe, maar ek verkies om eerder die mooi in iets of iemand te sien. Ek glo regtig wat jy insit, sal jy terugkry.”
Diaan, Leah en Quanita is susters in nuwe fliek
Dié fliek – wat Susters heet – vertel die verhaal van drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en weer herenig word wanneer hulle op ʼn ontdekkingsreis gaan ná die afsterwe van hul ma.
[Video] Leer jou kinders sing-sing
Die DVD takel onder meer onderwerpe soos die aanleer van die alfabet, padveiligheid, seisoene en higiëne.
[Video] Harrebaard se ‘ooms’ wil met mening rock
Hulle is beslis nie hier om jou salig aan die slaap te sing ná ʼn aansitete op ʼn Sondagmiddag nie – hulle is hier om te rock met mag én mening, en die laaste ding waarvan jy dié groep ooms kan beskuldig is dat hulle “aanpoer soos ʼn glorified metronoom”.
Gunstelingkarakters kry sáám lewe in nuwe reeks
Yollie, Boeboe, Ouboet en Hendrikkie – karakters uit die televisiereekse Orkney snork nie, Vetkoekpaleis en Molly en Wors – gaan binnekort vir nóg groter moleste op die dorp sorg wanneer dié gewilde karakters sáám op die kassie te sien gaan wees.
Video: Armand Aucamp gesels oor Van Riebeeck in ‘Krotoa’
“Ek is geweldig aangetrokke tot stories oor geskiedenis. Wat die verhaal van Jan van Riebeeck moeilik maak, is die politieke bagasie wat met hom saamkom. Ek moes sy karakter skei van die politieke geur waarmee ʼn mens hom assosieer en hom leer ken as ʼn man met foute en alles wat saamhang met menswees.”
[Luister] Roem wink vir ‘kaas bra’
Hy hou nie meer van kaas as die gewone man op straat nie, sê Jean du Plessis – die jong man agter die “Kaas bra”-liedjie wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 24 Julie 2017
Wie is vandeesweek op die no. 1-posisie?
eTV groet ‘rowwe manne’ ná 16 jaar
“Nadat ons na die hernuwingsmoontlikhede in die kontrak gekyk het, het ons besluit om voortaan eerder te fokus op vermaakprogramme wat die laaste 12 maande begin wys het.”
Mandela-onthullings: ʼn Ambulans wat brand en die oomblikke voor sy dood
Dié onthullings word gemaak in ʼn nuwe boek deur dr. Vejay Ramlakan, hoof van oudpres. Nelson Mandela se mediese span.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 17 Julie 2017
Wie is dié week in die nr.1-posisie?