“Meeste van ons kollegas in die bedryf wil altyd weet wat ons wenresep is om by alles uit te kom en nog steeds by ons gesonde leefstyl en oefenprogram te hou – dit is presies wat die tydskrif bevat, en meer,” vertel die musiekgroep.
Alles vir die sleutelwoord "Nuwe vrystellings"
[Video] ʼn Eerste kykie na Tobie Cronjé as Lafras Verwey
Die gewilde radiodrama en verhoogstuk deur die veelbekroonde skrywer Chris Barnard, Die Rebellie van Lafras Verwey, gaan op 7 April vanjaar die grootskerm tref.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 23 Januarie 2017
Jo Black se liedjie “Skepe” bly vir die derde week in die eerste plek.
Bekroonde Fokofpolisiekar-dokumentêr op ShowMax
Dit het minstens vier jaar geneem om ʼn dokumentêr te vervaardig wat vertel van die musiekgroep, Fokofpolisiekar, wat kultustatus bereik en die Afrikaanse musiektoneel hervorm het. Nou kan jy dié fliek ook heel eerste op ShowMax kyk!
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 16 Januarie 2017
Jo Black se liedjie “Skepe” bly vir die tweede week in die eerste plek. Leah se liedjie, “Jou liefde”, kry vandeesweek ʼn plek op die Top 20 op nommer 19.
Wen: Nuwe Roets-rolprent ‘aweregs, slimsnaaks’
Die legendariese rolprentmaker Koos Roets se splinternuwe fliek, Hoener met die rooi skoene, word op 27 Januarie landswyd in teaters uitgereik. Roets is die regisseur sowel as die draaiboekskrywer.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 9 Januarie 2017
Jo Black se liedjie “Skepe” beklee dié week die no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 3 Januarie 2017
Len Muller se liedjie, “Ek Glo”, wat op sy nuwe album gaan verskyn wat vroeg vanjaar vrygestel word, bly vir die derde week in die eerste posisie.
Luister: Nog ʼn gróter ‘Wonderwerk’ vir Leah
Die Afrikaanse sangeres, Leah, se Wonderwerk-album was só suksesvol dat sy sommer besluit het om ʼn deluxe-weergawe van dié album vry te stel.
Luister: James en André: Nuwe musiek is ‘onopgesmuk, natuurlik’
Vinkel en Koljander. Boeretroos en beskuit. Sondagmiddae en middagslapies. Nes dié elemente nie van mekaar geskei kan word nie, is die duo en musikale broers, James en André, onafskeidbaar van mekaar. En sáám maak hulle musiek wat dikwels op verskeie treffersparades pryk.
[Luister] Pieter Koen vertel oor ‘prettige én ernstige’ album
Hy’s gʼn Casanova nie, sê die sanger Pieter Koen ná die vrystelling van sy enkelsnit “Boobs, boude, bene” – net eerlik en komies, soos aanhangers hom al jare ken. Dié enkelsnit is immers deel van sy nuwe album, Ek kan nie vra vir meer, en die sanger vertel die album wys ook die ander, meer ernstige sy, van die sanger.
Wen: ‘Jonathan’: ʼn Skreeusnaakse, dog eerlike blik op die komediant
Jonathan is 30 jaar oud. Op dié rype ouderdom het hy nie veel meer as sy groot drome nie, en woon selfs nog onder sy ouers se dak. Maar toe hy een aand ʼn drankie te veel drink en met sy pa se motor in ʼn ongeluk betrokke is, was sy ouers keelvol: Straat toe met Jonathan, en as hy gaan oorleef én sy drome waar maak, sal hy vinnig moet begin werk.
Bloed ís dikker as water, sê Die Campbells
Meer as 800 000 van Die Campbells se albums het al van die rakke gevlieg sedert dié duo in 2001 You’re my mate vrygestel het. Nou het hulle onlangs hul 17de ateljee-album, Bloed is dikker as water, vrygestel en sê dié album gaan aanhangers wéér aan’t skoffel kry.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 12 Desember 2016
Ná drie weke in die nommer 1-posisie maak Georic Lomas plek vir Len Muller se liedjie “Ek glo”.
Wouter van de Venter ná 16 jaar terug met nuwe ‘love song’-album
ʼn Volle 16 jaar – die tydperk wat tussen die sanger en liedjieskrywer Wouter van de Venter se laaste en jongste album staan – is ʼn láng tyd. Maar wanneer dit byna twee dekades neem vir ʼn sanger om nuwe musiek vry te stel, kan jy vir seker weet: Daar is iets aan’t kom wat aan die hartsnare gaan pluk.
Die Heuwels Fantasties oor ‘LED Liefde’ en die lewe
Bekyk jy hulle so op ʼn afstand, sien jy ʼn musiekgroep: Daar is die kepse, die skinny jeans, die koel hare en natuurlik die aura – eienskappe wat jy sou verwag van ʼn suksesvolle musiekgroep. Daar moet mos iets wees wat hulle laat uittroon bó die gewone mens, iets kunssinnig of ongewoon wonderliks wat die aanhangers by duisende na konserte kan trek.
Luister: Vermaak, romanse én lewenslesse in ‘Jou Romeo’
Jou Romeo, die jongste Afrikaanse romantiese tienerkomedie, begin op 23 Desember landwyd in fliekteaters draai en beloof om te vermaak én lewenslesse te leer.
[Wen] Wen ʼn Kerry-Lee-album vir jou Kerskous
Vyf lesers kan elk ʼn Dans in die reën-album wen.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 5 Desember 2016
Georic Lomas se lied, “Bazaruto”, bly vir die derde week op nommer 1.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 28 November 2016
Georic Lomas se liedjie “Bazaruto” bly vir die tweede week in nommer 1.