Volgens AfriForum Jeug is die bevindings en voorstelle in die evaluasieverslag wat die Internasionale Ondersoekspan insake die Noordwes-Universiteit gemaak het, kortsigtig en stel dit ’n tree agteruit voor vir dié Universiteit se toekoms en transformasieproses.
Alles vir die sleutelwoord "NWU"
NWU-verslag beïnvloed deur onlangse Puk-debakel, meen talle
Die verslag van ‘n ondersoekpaneel oor die vordering wat die afgelope dekade by die Noordwes-universiteit (NWU) gemaak is, is waarskynlik negatief beïnvloed deur politiek en onlangse gebeure by die instelling.
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Die Noordwes-Universiteit het ʼn klag by die Persombudsman teen ʼn Afrikaanse dagblad ingedien.
Nuwe rektor vir NWU se Mafikeng-kampus
Die Noordwes-Universiteit se Raad het tydens sy vergadering op 18 Maart 2014 die aanbevelings van die Soekkomitee van die Raad aanvaar en die aanstelling van ʼn nuwe rektor vir die Mafikengkampus goedgekeur.
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Die ondersoek na drie koshuise se huiskomitees oor hul beweerde betrokkenheid by onbehoorlike praktyke op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is afgehandel.
Puk-groet: “Ons steun Beeld-dispuut,” sê GHA
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het Donderdag aangekondig dat hulle hul volle steun gee aan Solidariteit se dispuut met die dagblad Beeld.
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit, ondersoek van stapel gestuur
Dr. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-universiteit, het Donderdag aangekondig dat hy uittree as visekanselier van dié universiteit. Alle inisiasiepraktyke by dié universiteit sal met onmiddellike effek gestaak word.
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
ʼn Spesiale raadsvergadering het Woensdag by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom plaasgevind ná berigte in Beeld oor gebare van eerstejaarstudente wat, volgens die koerant, herinner aan die Nazi se “Sieg Heil”-saluut.
Zuma reageer op Puk-groet
President Jacob Zuma het Dinsdag by die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus sy skok uitgespreek oor berigte dat studente by dié universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom glo die Nazi-saluut gebruik het.
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
HK-lede van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het regshulp ingewin nadat hulle in Februarie geskors is.
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
‘n Gebruiker het ‘n grappige video op YouTube gelaai wat kamstig Hitler se reaksie op Beeld se beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom uitbeeld.
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Die direksie van Media24 en die topbestuur het volle vertroue in Adriaan Basson as redakteur.
Ope brief aan Beeld: Solidariteit verklaar dispuut
‘n Ope brief van Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse Koerante by Media24.
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het in ‘n ope brief ‘n dispuut verklaar met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie.
Nuuskommentaar: Studentespesie
“Studente is eintlik meerminne – nóg vis, nóg vlees.” So het ‘n gesoute proffie eendag gesê nadat hy die soveelste studente-onhebbelikheid betrag het. Hy het na klas sy motortjie op ‘n verkeerseiland aangetref waar studente dit heen gedra het.
Maties wen weer by nasionale Universiteite Sêr
Koshuise van regoor die land het Saterdag meegeding in die ATKV Universiteite Sêr.
Ontgroening: Geheime FB-groep skok
Waarskuwing: Die foto onderaan die artikel is eksplisiet en mag sensitiewe lesers ontstel.
Pukke sal met Valke saamwerk in verdrinking-ondersoek
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het die Valke versoek om ‘n nuwe ondersoek in te stel rakende die verdrinking van Thabang Makhoang by die Noordwes-Universiteit (NWU) verlede jaar.