“Dit is vir my baie belangrik dat mense poste en posisies beklee omdat hulle talentvol is. Dit behoort die enigste maatstaf te wees as dit kom by geleenthede vir alle jongmense in Suid-Afrika. Jongmense moet ook baie vinnig leer om die verantwoordelikheid te aanvaar om hul eie drome en toekoms te laat gebeur. Hulle beskik oor die vaardighede en nou moet hulle dit laat werk vir hulself.”
Alles vir die sleutelwoord "NWU"
NWU-visekanselier in hospitaal ná hartaanval
“In plaas daarvan het ek by Unitas se waakeenheid opgeëindig vir ʼn dringende kardiologiese prosedure (net betyds) as gevolg van ʼn hartaanval.”
‘Welcome to the NWU open day 2038’
Op pad kar toe onthou ek die woorde van die bestuurslede in 2018, hoe hulle geglo het dat taal die laaste stryd is. Hulle het nie besef dat dit die eerste stryd is nie. Dat taal nie die einde is nie, maar die begin.
NWU-taalbeleid: Só sien Kgwadi die toekoms
Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, het erken die universiteit beskik tans oor ʼn uitstekende taalbeleid en daar is eintlik min wat daaraan verander moet word. Dit blyk egter die toepassing daarvan wat die doring in sy vlees is.
‘Ongekende steun’ vir veldtog teen NWU se taalplan
“Hierdie oorweldigende reaksie is die groot saamstaan waarna Afrikaanssprekendes dikwels streef. Ons is oorweldig, maar dankbaar.”
Afrikaans by die NWU: Dieselfde toneelstuk, dieselfde einde
In ʼn verklaring op 26 Maart 2018 verseker prof. Dan Kgwadi, vise-kansellier van die NWU, die leser dat meertaligheid op die Potchefstroom-kampus van die NWU veilig is. Dit is ʼn tragedie in drie tonele, die storie van Afrikaans by universiteite in Suid-Afrika.
NWU-taalbeleid: ‘Afrikaanse gemeenskap is nie meer naïef’
“Die Afrikaanse gemeenskap is nie meer naïef oor die mooi woorde van veeltaligheid wat nou by die Noordwes-Universiteit (NWU) opklink nie. Tukkies, Kovsies en Maties het ons van alle naïwiteit in dié verband gestroop.”
NWU-beleid: President van Tarentaal gooi stuiwer in taalbeurs
Volgens die President van Tarentaal is dit nou tyd vir die “pilare en pilaresse” van die republiek om hulle stemme te lug en te toon dat hulle onbeskaamd voorstanders is van “byvoeging, verbreding en uitbouing”. Hy het die Pukke aangemoedig om onbeskroomd nee te sê vir minder maak.
Duisende sê nee vir Engelse Pukke
Die Solidariteit Beweging het in die afgelope 48 uur reeds bykans 21 000 kommentare gekry uit die Afrikaanse gemeenskap wat teen die Noordwes-Universiteit (NWU) se planne is om sy taalbeleid op die Potchefstroom-kampus te verander.
Ek sien u wil die Potch-kampus Engels maak …
“Potchefstroom – die laaste plek waar Afrikaans as tersiêre taal in ’n openbare ruimte primêr gebruik word – is al wat oor was. Nou wil julle dit ook wegneem. Dit plaas Afrikaans op die kampus in die laaste loopgraaf. Iets wat ’n geveg verdien.”
Die NWU wil die taalbeleid van Potchefstroom-kampus verander
Die Afrikaanse gemeenskap is moeg vir herhaaldelike beloftes wat verbreek word. Tukkies, Maties en Kovsies het die Afrikaanse gemeenskap gestroop van enige naïwiteit. By die NWU moet ons net eenvoudig sê: nee.
Afrikaanse gemeenskap moet nou nee sê vir Engelse NWU
“Ons moet nou in ons duisende nee sê. Ons moet die universiteit se konsultasieproses voor ʼn groot toets plaas: as tienduisende nee sê, gaan die universiteit steeds vir Engelse onderrig ja sê?”
Totius se skuif was simbool van wat kom
Die verskuiwing van die Totius-standbeeld, ʼn Afrikaanse ikoon, stigter van die Puk en eerste Kanselier, was ongelukkig die eerste teken dat Afrikaans se toekoms selfs op Potchefstroom nie meer veilig is nie. Die werklike olifant op die kampus is hoe lank Afrikaans nog veilig op die Potch-kampus gaan wees?
NWU-verkragtingsklag: ‘Slagoffer’ verander van deuntjie
“Uit die aard van die saak is sy skorsing by die universiteit en van die NWU onmiddellik opgehef,” het ʼn woordvoerder van die universiteit gesê.
Student in hof na beweerde verkragting in manskoshuis
ʼn Eerstejaarstudent van die NWU se Potchefstroom-kampus het vroeër vandeesweek in die hof verskyn ná ʼn beweerde verkragting van ʼn mede-inwoner in ʼn koshuis op dié kampus vroeër vandeesmaand.
NWU werk saam met polisie ná aanranding op student
Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het Maandag bevestig dat hy sy volle samewerking aan die polisie gee in verband met ʼn voorval waartydens ʼn langafstandatleet glo deur ʼn groep verdagtes aangerand is.
Meer Engels by NWU weens tekort aan tolke
In die tussentyd is dosente versoek om studente so ver moontlik tegemoet te kom. Dit bring mee dat dosente klasse in Engels sowel as Afrikaans, of selfs net in Engels, moet aanbied om te verseker studente word nie oor taal uitgesluit van klasse nie.
AfriForum Jeug se ope brief aan prof. Janse van Rensburg van die NWU
“Jy is besig om die Puk van sy identiteit te beroof. Ons het hierdie tipe taktieke ook by Kovsies en Maties gesien. Ons sien die aanval kom. Maar Prof, dié keer is ons slaggereed daarvoor.”
Oriëntering: NWU laat vaar sekere ‘praktyke’
Daar is onder meer besluit koshuisuniforms net ná ure gedra mag word.
Dalk einde van Puk-karakter
“Dit kan enorme skade tot die bekende handelsmerk en identiteit van die Puk-kampus veroorsaak.”