ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat op Swart Maandag ʼn gewraakte inskrywing op Facebook gemaak het, is skuldig bevind nadat sy deur die universiteit aangekla is.
Alles vir die sleutelwoord "NWU"
Potch-student by MRK verkla oor ‘rassistiese’ Swart Maandag-plasing
“Suid-Afrika is op ʼn mespunt wat rassepolarisasie betref en ons kan net eenvoudig nie meer sulke uitsprake aanvaar nie.”
NWU-student gelooi oor ‘rassistiese’ plasing
Tugstappe word teen ʼn student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedoen nadat sy vermoedelik te midde van Maandag se landswye Swart Maandag-optogte ʼn gewraakte inskrywing op Facebook gemaak het.
NWU bly ʼn voorstander vir veeltaligheid
“Ons is beslis nie een van die universiteite wat tans voorstel dat ʼn enkele taal as onderrigmedium gebruik word nie. Daar is talle dinge wat intern en in die klaskamers gebeur om te verseker al drie tale word gebruik.”
Mej. SA onder Pukke wat vereer is
Demi-Leigh Nel-Peters en Daniëlla van Heerden tel onder ʼn handjievol oudstudente van die Noordwes-Universiteit wat onlangs met ʼn toekenning bekroon is.
Student se skorsing opgehef ná FB-uitsprake
Die studente se kommentaar is kort na die plasing verwyder, maar nie voordat daar skermskote van die gesprek gemaak is nie.
LLB-akkreditasievereistes bevraagteken
“Ons is bekommerd dat die universiteit nie oop kaarte met studente speel nie.”
Formidabele hoogtes vir die Jonker-sweefbroers
In die geskiedenis van lugvaart het verskeie broers oor die jare heen groot hoogtes bereik. Dié keer is dit die Jonker-broers, skryf Johan van Zyl.
Winterskool weer met trots in 2017 aangebied
Opwindende, bekroonde skrywers wat ook boeiende geselsers is, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as skrywers van verhale, kinder- en jeugverhaalkuns en gedigte: Lien Botha, Simon Bruinders, Hans du Plessis, Fanie Viljoen, Cecilia Steyn, Martin Steyn en Bibi Slippers.
[Foto’s] Potch-studente hou weer Jool vir liefdadigheid
“Dit is sleg dat sommige kampusse weggedoen het met jool. Dit beteken daardie universiteite se liefdadigheidsprojekte word deur betaalde werknemers en nie deur studente gedoen nie.”
Puk-SR-lid geskors oor diefstalbewerings
ʼn Studenteraadslid van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is tydelik van pligte onthef na ʼn beweerde voorval van winkeldiefstal.
Lesersbrief: Dankie vir die studiekosteverhoging
#MyNWU, dankie dus vir die kosteverhoging. Dankie dat julle nie val (en faal) onder die druk van dié met tonnelvisie ten koste van jul werknemers en instandhouding van spogkampusse nie. Dankie dat my studiekostes nie ten koste van hardwerkendes verlaag word nie.
[Video] Almal gaande oor Puk-prof in die fontein
Wat is die kenmerke van ʼn ware leier? As dié kriteria onder meer insluit om saam met studente van die NWU-Puk in die befaamde fontein van dié universiteit, die Calvyn voor die hoofgebou, te swem, het die rektor, prof. Fika Janse van Rensburg, ʼn wenresep beet.
Puk sê oor klasgeld vir 2017
Die Noordwes-Universiteit het in ʼn verklaring meer inligting bekend gemaak oor klasgeld en registrasie vir 2017 nadat die voorgestelde universiteitsbegroting tydens ʼn raadsvergadering goedgekeur is.
Goeie nuus vir gesin ná seun oorsee sterf
Maroela Media het vroeër berig Colin Wheeler, ‘n oud-Puk student, is verlede week Dinsdag onverwags in ʼn hospitaal in Hanoi, Viëtnam oorlede skaars ʼn maand nadat hy daarheen verhuis het om te gaan skoolhou.
Dubbele tragedie ná oud-Puk skielik oorsee sterf
ʼn Potchefstroomse gesin is in rou gedompel nadat hul middelkind Dinsdag skielik in Hanoi, Viëtnam, oorlede is.
Video: NWU-student se gebaar ruk hartsnare
ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het besluit om te midde van die studentebetogings wat universiteite landwyd lamlê ʼn bietjie hoop te versprei en dié gebaar ruk hartsnare.
NWU-sonkar laat wéér die rekords spat
Die spanlede van die Noordwes-Universiteit se sonkar, Sirius X25, kon Sondag spog dat hulle 3 524 km oor ʼn tydperk van agt dae tussen Pretoria en Kaapstad afgelê én minstens drie toekennings ingeoes het.
NWU se Vaalkampus bly toe
Akademiese bedrywighede by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus sal nie Maandag hervat word nie nadat petrolbomme na die kampus se hoofingang gegooi is.
Fratsongeluk fnuik nie sonkar-droom
Die Noordwes-Universiteit se sonkar, Sirius X25, gaan steeds eerskomende naweek, op 24 September, aan die plaaslike Sasol Solar Challenge deelneem ten spyte van ʼn fratsongeluk Donderdagmiddag wat amper dié universiteit se planne in die wiele gery het.