Dickason word sedertdien in ʼn psigiatriese eenheid in die Hillmorton-hospitaal aangehou waar sy onder waarneming is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "NZ-tragedie"
Lauren Dickason moontlik in Maart gevonnis
ʼn Nuwe voorlopige datum is vandeesweek aan Lauren Dickason se saak in die Christchurch-hooggeregshof in Nieu-Seeland toegewys.
Lauren Dickason nou eers later gevonnis
ʼn Voorlopige datum van 2 Februarie is einde verlede jaar aan Dickason se saak in die hooggeregshof in Christchurch toegewys nadat haar aanvanklike vonnisdatum van 19 Desember ook uitgestel is.
Lauren Dickason nou eers later gevonnis
Die minimum vonnis vir moord in Nieu-Seeland is lewenslange tronkstraf.
Lauren Dickason koester bere gemaak uit dogters se klere
Lauren Dickason het ʼn brief geskryf waarin sy almal bedank wat haar ondersteun sedert Liané (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla, se dood.
Lauren Dickason dán gevonnis
Met Dickason se skuldigbevinding in Augustus het regter Mander opdrag gegee dat ’n aantal voorvonnisverslae opgestel word wat verband hou met Dickason se geestesgesondheid, die behandeling daarvan en waar sy aangehou moet word.
‘Depressie, nie hul dogter’, rede vir Dickason-tragedie – ouers
“Ons geliefde Liané, Karla en Maya is van hierdie lewe na ʼn ander geneem weens dié uitmergelende siekte.”
Lauren Dickason skuldig bevind aan moord
Van die lede van die jurie het in trane uitgebars toe hulle die hof verlaat het. Dickason het kalm in die beskuldigdebank gestaan terwyl die uitspraak bekend gemaak is.
Jurie besin nou oor Dickason se lot
Die jurie het Maandag versoek om weer na die destydse polisieonderhoude van Lauren en Graham Dickason te kyk. Lauren het vandag gehuil terwyl haar onderhoud met ʼn Nieu-Seelandse speurder vir die tweede keer in die hof gewys is.
Só lui slotbetoë in Dickason-saak
Die getuienis van die staat en die verdediging in Lauren Dickason se moordverhoor is Vrydag ná vier weke klaar en albei kante het hul sake formeel afgehandel.
Dickason: ‘Alles was swart en aaklig … game over’
Die jurie het nou al die getuienis in die saak aangehoor en die staat en verdediging sal na verwagting Vrydag hul slotbetoë lewer.
Dickason: ‘Ek mis my dogtertjies so baie’
Presies drie maande nadat Lauren Dickason haar drie kinders om die lewe gebring het, het sy aan ’n forensiese psigiater gesê dat sy na Liané, Maya en Karla verlang en dat sy nie langer wil leef nie. Dié getuig tans in Dickason se moordverhoor.
Dickason wou kinders ‘morsige wêreld’ spaar – psigiater
“Ek was nie van plan om hulle agter te laat nie … dit het gelyk na die logiese ding om te doen,” het Lauren Dickason aan die forensiese psigiater dr. Justin Barry-Walsh gesê. Dié getuig nou in die hooggeregshof in Christchurch.
Dickason-verhoor uitgestel weens olike jurielid
Besonderhede oor Lauren Dickason se gesinslewe, haar stryd teen depressie en die eindelike dood van die sesjarige Liané en tweejarige tweeling Maya en Karla is tot dusver in die hooggeregshof in Christchurch aangehoor.
‘Daar was geen omdraaikans nie’
Die eerste psigiater wat Lauren Dickason ná die dood van haar drie dogtertjies geëvalueer het, het Donderdag (vir die staat) in die getuiebank ingeskuif. Sy sê óók Dickason het nié aan psigose of delusie gely nie en kan nie waansinnigheid as verweer gebruik nie.
Verdediging aan psigiater: ‘Jy hou net nie van Lauren’
Psigiater (en staatsgetuie) dr. Erik Monasterio vermoed dat Lauren Dickason haar kinders eerder uit woede en frustrasie as liefde doodgemaak het.
‘Lauren wou nie meer soos ʼn slegte ouer voel nie’
“Ek wou hê dit moet eindig … ek wou nie meer soos ʼn slegte ouer voel nie,” het Lauren Dickason ná haar kinders se dood aan ʼn psigiater gesê. Dié psigiater het Dinsdag vir die staat teen Dickason getuig.
‘Waansin nié in dié saak ʼn verweer’
ʼn Forensiese psigiater het Dinsdag vir die staat getuig dat Lauren Dickason nié aan psigose of delusie gely het toe sy haar drie jong kinders Liané, Maya en Karla in September 2021 om die lewe gebring het nie.
Graham se brief: ‘Hoekom het jy dit gedoen?’
Lauren Dickason wou glo ook nie hê dat haar kinders deur ’n ander ma grootgemaak word sou sy haar eie lewe neem en haar man, Graham, weer trou nie.
Dickason-egpaar se ouerskapstyl het verskil
Dit is die derde week van Lauren Dickason se verhoor in Nieu-Seeland. ’n Forensiese psigiater het Maandag getuig dat Lauren soms verwerp gevoel het wanneer Graham sy aandag op die kinders gefokus het.