Die Suid-Afrikaanse redakteursforum (Sanef) het Dinsdag gesê hy is baie bekommerd oor die vyandigheid en intimidasie wat Maandag teenoor joernaliste voor die ANC se hoofkantoor, Luthuli Huis, in Johannesburg getoon is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "#OccupyLuthuliHouse"
EFF ontken hy finansier #OccupyLuthuliHouse-veldtog
Dali Mpofu, voorsitter van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Maandag bewerings deur die ANC-jeugliga ontken dat hy agter die #OccupyLuthuliHouse-veldtog sit en R5 miljoen aan die organiseerders gegee het wat hy van Amerika ontvang het.
#OccupyLuthuliHouse-lede oorhandig memorandum
ʼn Gespanne atmosfeer het Maandag voor die ANC se hoofkantoor, Luthuli Huis, in die Johannesburgse middestad geheers waar lede van die #OccupyLuthuliHouse-veldtog saamgetrek het.
Nuuskommentaar: Die simboliek van #OccupyLuthuliHouse vandag getoets
As die beplande protes van #Occupy Luthuli House vandag meer as net ’n muis baar, gaan dit vir die ANC groot reperkussies hê. Intussen word die asem opgehou oor die minister van minerale bronne se voet-in-die-mond-verklaring wat hom kritiek uit talle oorde op die lyf laat loop.
‘Volgende president moet ʼn vrou wees’
Die volgende president van die ANC moet ʼn vrou wees, het die ANC Vroueliga (ANCVL) Sondag gesê.
Polisie maak gereed vir beplande Luthuli Huis-besetting
Veiligheid is Sondag buite die ANC-hoofkantoor, Luthuli Huis, in die Johannesburgse middestad, opgeskerp voor ʼn beplande besetting van die gebou om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis.
‘Besetting van Luthuli Huis sal nooit gebeur’
Die ANC Jeugliga het Vrydag gesê sy lede en ander individue wat mense probeer mobiliseer om Luthuli Huis te beset, moet hul optrede staak, aangesien hulle hulself voordoen as besorgde ANC-lede, wat hulle nie werklik is nie.