Okosa se vorige voorsitter, Rubben Mohlaloga, is sy voorsittersamp kwyt nadat hy vroeër 20 jaar tronkstraf opgelê is omdat hy die Landbank uit R6 miljoen bedrieg het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Okosa"
Okosa: Verwyder voorsitter, vra LP’s
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie wil hê die voorsitter van Okosa wat skuldig bevind is aan bedrog, moet dadelik afgedank word.
Verbruikersake: Al die selfoonregulasies
Die eindgebruiker en intekenaarsregulasies wat deur die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) ingestel is, is deesdae weer groot nuus nadat die regulasies oor data-oordrag verander is. Ina Opperman het weer die regulasies van nader beskou en verduidelik hoe dit jou regte beskerm.
Okosa sal Multichoice-bewerings ondersoek
“Daar is geen probleem daarmee as maatskappye steun werf vir beleidsposisies deur middel van debat nie, maar ʼn situasie waar ʼn beleid gekoop word, kan nie toegelaat word nie.”
Verbruikersake: Verbruikerskommissie se mening oor wanneer data kan verval
Dit is belangrik dat verbruikers hul stemme laat hoor oor enige kwessies en besluite wat hulle en veral hul beursies raak. Verbruikers het nog tot 19 September geleentheid om kommentaar te lewer oor die konsepregulasies. Maak seker jou kommentaar oor hoe lank data geldig moet bly, word in ag geneem.
Verbruikersrubriek: Silwer randjie vir selfoondataklagtes
Verbruikers kla al lank oor data op hul slimfone wat binne minute verdwyn, ongelooflike duur buite-bundeltariewe en die oordrag van data wat nie teen die vervaldatum gebruik is nie. Die donker wolk van selfoonklagtes het egter Maandag ʼn silwer randjie gekry.
Is Afrikaanse musiek so vrot as wat baie sê?
Daar is nie iets fout met Afrikaanse musiek as luisteraars musiek verkies wat hulle laat goed voel nie. Die woorde “smaak” en “verkeerd” is immers nie stalmaats nie.
Solidariteit gaan nie by Okosa staak nie
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat hy nie by die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika (Okosa) gaan staak nie.
SABC2 beboet oor Swartwater-sekstonele
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het SABC2 met R10 000 beboet nadat eksplisiete tonele sonder waarskuwing tydens die heruitsending van die Afrikaanse dramareeks Swartwater gewys is.
Polisie kla by Okosa oor DA-advertensie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn klag by die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Okosa) aanhangig gemaak oor die DA se verkiesingsadvertensie.
SAUK gaan DA-advertensies uitsaai
Die SAUK het aangekondig dat hy die DA se verkiesingsadvertensies met onmiddellike effek op sy televisie- en radiostasies gaan uitsaai.
Okosa-tariewe ongeldig, onwettig verklaar
ʼn Nuwe asimmetriese interkonneksietarief-stelsel wat deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) voorgestel is, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof as ongeldig en onwettig verklaar, het eNCA berig.
MTN en Vodacom pak Okosa in die hof
MTN en Vodacom moes hul koste vir oproepe na ander netwerke bekend gemaak het, het die Johannesburgse hooggeregshof Woensdag gehoor.