Die regering het Maandag berigte ontken dat ministers in die veiligheidsgroepering ʼn geheime vergadering gehou het om die Soedannese president Omar al-Basjir die kans te gun om Suid-Afrika veilig te verlaat.
Alles vir die sleutelwoord "Omar al-Basjir"
DA vra ondersoek na Basjir-sage
Die leier van die DA, Mmusi Maimane, het Sondag gesê hy sal die openbare beskermer, Thuli Madonsela, vra om te ondersoek wie verantwoordelik is dat Soedannese president Omar al-Basjir Suid-Afrika verlaat het voordat hy in hegtenis geneem kon word.
Regsverydeling en anargisme van die Suid-Afrikaanse staatsowerheid
Prof. Johan van der Vyver werp lig op die Suid-Afrikaanse regering se versuim om die Soedannese president, Omar al-Basjir, in hegtenis te neem.
Zuma het gesê hy sal nie Basjir se inhegtenisneming toelaat nie – Mugabe
Pres. Jacob Zuma het glo onderneem om nie die polisie toe te laat om die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis te neem nie, het Robert Mugabe, voorsitter van die Afrika-Unie, Dinsdagoggend by ʼn perskonferensie na afloop van die AU-beraad, gesê.
Nuuskommentaar: Het my SA’nerskap saam met Basjir se vertrek gesterf?
Die nuus dat Suid-Afrika sienderoë, en weerwil van ’n hofbevel, toegelaat het dat ’n vermeende massa-moordenaar die land verlaat, het ’n skok deur daardie laaste deel van Suid-Afrikaanse lojaliteit gejaag. Gelukkig is lojaliteit teenoor die land, en lojaliteit teenoor ’n verrotte regering nie dieselfde ding nie.
Basjir is vort
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag gelas dat die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis geneem moet word, net voordat hulle gehoor het dat hy reeds die land verlaat het.
Basjir steeds in SA, hoor hof
Die Suid-Afrikaanse regering hou vol die Soedannese president Omar al-Basjir, ʼn voortvlugtende van die internasionale strafhof (ICC), is steeds in Suid-Afrika.
Nuuskommentaar: SA se al-Basjir-handeling herskep Donker Afrika
Ongeag die afloop van die Omar al-Basjir-krisis, het Suid-Afrika nou ’n internasionale probleem. Die probleem word verdiep deurdat die ANC net te lank oor net te veel fronte erg verbrou het, en sy Mandela-kapitaal so vinnig in die internasionale gemeenskap verteer het.
Basjir dalk landuit ondanks hofbevel
Die Soedannese president Omar al-Basjir, ʼn voortvlugtende van die internasionale strafhof, sal na verwagting Suid-Afrika verlaat nog voordat owerhede kans gekry het om hom aan te keer en ondanks ʼn hofbevel in die Pretoriase hooggeregshof dat die land se owerhede nie mag toelaat dat hy die land verlaat nie.
Spanning verhoog oor Soedan se Basjir in Suid-Afrika
Pretoriase hooggeregshofregter Hans Fabricius het Sondag ʼn tussentydse bevel toegestaan wat die Soedannese president Omar al-Basjir verhoed om Suid-Afrika te verlaat, hangende ʼn besluit deur die hof.