Die regstappe wat deur ʼn omgewingsorganisasie en gemeenskappe onderneem is om diamantmynbou aan die Weskus te staak, kan dalk ʼn beduidende uitwerking op die toekomstige regulering van mynbou in Suid-Afrika hê.
Alles vir die sleutelwoord "omgewing"
[Video] Stryd teen strikke: ‘Ons diere sterf uit’
“Dit maak my briesend. Ons verwyder jaarliks duisende strikke en het al 315 diere in strikke gevind. Net 42 van hulle het nog geleef.”
Dieretuin ontvang toekenning vir skilpadteelprojek
“Ons het ʼn belangrike mylpaal bereik met die toevoeging van vier nuwe pannekoekskilpadjies. Hierdie prestasie is ʼn bewys van die NZG se verbintenis tot die bevordering van biodiversiteit.”
Indië se oudste olifant haal 89
Die olifant is gedoop “Bijuli Prasad” – na die Indiese gebruik om diere mensename te gee – en is as jong bul uit die wildernis geneem. Hy het tot in 2018 op teeplase in Indië se oostelike Assam-staat gewerk.
Laaste Rietvlei-welpie verskuif
Die enigste jagluiperdwyfie van die werpsel wat verlede jaar in die Rietvlei-natuurreservaat gebore is, het Vrydag haar eerste spore by haar nuwe tuiste getrap.
Nuwe slangspesie na Harrison Ford genoem
Die 40 cm lange reptiel is in Mei verlede jaar in die oerwoudberge van die Otishi Nasionale Park ontdek, maar navorsers het eers onlangs vasgestel dit is ʼn voorheen onbekende spesie.
Jong kampvegter wil renosters red
Mary-Ann is seker oor een ding: sy wil help om dié renosterspesie te red.
Rou ná dood van twee omgewingsbeamptes
“Dit is met groot hartseer dat ons die dood van nog ʼn senior omgewingsbeampte bevestig,” sê Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake.
‘Moeder Natuur kort geld,’ pleit Suid-Amerika
“Dit is nie dat Brasilië geld nodig het nie. Dit nie dat Colombië of Venezuela geld nodig het nie. Moeder Natuur het geld nodig; dit het finansiering nodig vir al die skade wat nywerheidsontwikkeling oor die afgelope 200 jaar aangerig het.”
Visvangbeperkings van krag om Afrika-pikkewyne te red
Visvangbedrywighede sal vir die volgende tien jaar aan dele van die Weskus beperk word in ʼn poging om Afrika-pikkewyne op die randjie van uitwissing te red.
Ezemvelo: Leeus ontsnap, stropers stap in oor stukkende heining
Heinz de Boer, die DA se woordvoerder oor ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake in KwaZulu-Natal, sê die algehele verval van die meeste Ezemvelo-fasiliteite kan nie meer geduld word nie.
Probleme met rioolvuil by Klerksoord veel groter as vermoed
Die burgemeester van Tshwane het die Klerksoord-gebied, in die noorde van Pretoria, die afgelope week self besoek en eerstehands die omvang van die probleem met rou rioolvuil gesien. Cilliers Brink het ook ʼn beroep op inwoners van die stad gedoen om hand by te sit sodat probleme behoorlik gepak kan word.
Een skoenlapper, twee skoenlappers …
Natuurlewe-entoesiaste oor Engeland heen word aangemoedig om die voorkoms van skoenlappers – en sommige spesies motte – op te teken as deel van die wêreld se grootste jaarlikse opname van die toenemend bedreigde insekte.
Egpaar gevonnis wat reptiele landuit smokkel
Gerald en Elisha van der Westhuizen is verbind met twee Duitse burgers wat al skuldig bevind is aan die smokkel van akkedisse en ander reptiele uit Suid-Afrika.
Drie dood terwyl veldbrande in Griekeland voortwoed
Vassilis Kikilias, minister van burgerlike beskerming in Griekeland, sê spanne spook al vir 12 agtereenvolgende dae om meer as 500 brande oor die land heen te bestry.
Video: Tientalle walvisse vrek ná hulle in Australië uitspoel
Beeldmateriaal van die toneel wys hoe vrywilligers – baie van hulle in duikpakke geklee – die sukkelende soogdiere aan die kus van die strand af help.
Riviermond by Jefferysbaai gesluit oor E. coli in water
Bornman sê die Seekoei-riviermond funksioneer al geruime tyd nie meer behoorlik nie omdat menslike besoedelingsaktiwiteite tot ʼn verandering in die natuurlike ekologiese funksie van die riviermond lei.
SA veeartsenystudente vind heenkome in Hongarye
Sommige van die studente het jare lank onsuksesvol probeer om hulle op tuisbodem as veeartse te bekwaam, maar in Boedapest is hulle met ope arms by ʼn universiteit daar verwelkom.
Hoë uit amp verwyder ná jagluiperds in Indië vrek
ʼn Senior beampte is in Indië uit sy pos verwyder ná ʼn projek, om jagluiperds van Afrika te hervestig, tot agt se vrektes gelei het.
Nog jagluiperds uit SA vrek in Indië
Die jongste vrektes bring die getal Suider-Afrikaanse jagluiperds wat die afgelope paar maande na Indië geneem is en in dié land gevrek het, op agt te staan.