Die wapenopsporingstelsel kan glo die presiese ligging van waar geweerskote afgevuur is, binne 60 sekondes vasstel.
Alles vir die sleutelwoord "Omgewingsake"
Jagluiperds keer tydelik terug na Rietvlei
Die twee broers, wat deel was van die Welgevonden-natuurreservaat in Limpopo se bevolking van sowat 20 jagluiperds, word nou geskuif om die genetiese gesondheid van die spesie te verseker.
Bedreigde plantsoort in Tokai-park gevind
Soos die biesie se naam tereg sê, is dié plant glad nie flambojant nie, en kan maklik met ʼn gewone grassoort verwar word.
Suid-Kaap se biodiversiteit in gevaar
Dassies het weens grootskaalse ontwikkeling amper heeltemal verdwyn, terwyl talle ander spesies ook dié gevaar loop.
Kan klaasneuse, klipmuise hidrobreking in Karoo keer?
Volgens die studie kom van die knaagdiertjies slegs in die Karoo voor.
Uitheemse indringerspesies al groter bedreiging – studie
Van dié spesies is giftig vir diere en veroorsaak gesondheidsprobleme by mense.
4 vas oor miljoene rande se bedreigde plantspesies
Die verdagtes het die plante onwetend aan die polisie verkoop.
Valke slaan toe op perlemoen in Grabouw
Die beraamde waarde van die betrokke aanleg se onwettige bedrywighede beloop miljoene rande.
Kom geniet natuurgeluide in jou ore
“Baie mense voel oorweldig en dit was vir ons noodsaaklik om te help om mense se geestelike en emosionele welstand te ondersteun. Die natuur bied nog altyd die perfekte ontvlugting van stres en druk. Hierdie natuurlike ontvlugting is presies wat mense nou in hierdie tyd nodig het.”
Meeste sardiens nóg aan Suidkus – navorser
Baie navorsers was bekommerd dat groot sardientjielope weens klimaatsverandering iets van die verlede is.
Wêreld-oseanedag: Beter bestuur word vir oseane gevra
’n Gaping bestaan egter op die gebied van biodiversiteit. Tans is die internasionale reg nie sinvol vir die monitering en bewaring van biodiversiteit in die see nie. Hierdie “gaping oor biodiversiteitsbestuur” is die afgelope twee dekades kommerwekkend.
Wêreldomgewingsdag: Bewaring van biodiversiteit te midde van pandemie
Die lewensgehalte van die mensdom kan soveel beter wees as ons maniere vind om in harmonie met die natuur te leef.
Kgalagadi: Die plek van avontuur, eensaamheid en vryheid
As jy soos die meeste Suid-Afrikaners al smag na ʼn tikkie vryheid en enige verskoning om die lang pad te vat, sal ʼn week onder die helder sterreruim en tussen die rooi duine van die Kgalagadi-oorgrenspark vir jou soos ʼn stukkie hemel op aarde klink.
Inperking: Neem ’n renoster aan en help met bewaring
Renosters loop in die afsonderingstydperk ʼn groter risiko om onder stropers deur te loop, maar die grootste bedreiging vir private renostereienaars tans is sekerlik die verlies aan inkomste omdat die toerismebedryf tot stilstand geruk is. Jy kan nou ‘n renoster aanneem en só help in die stryd teen renosterstropery.
Rodoliete eerste keer in SA oseane gevind
ʼn Span wetenskaplikes het vroeër die week ʼn bedding van rodoliete in die pas geproklameerde Amathole-mariene bewaringsgebied aan die ooskus van Suid-Afrika gevind.
Die nuwe normaal vir plastiekgebruik en -verpakking
“As die teikens bereik word, sal dit nie net ’n tamaai bydrae lewer om die omgewing te bewaar nie, maar sal werkskepping in die plastiekinsameling- en herwinningsektor asook ander sektore ’n stewige hupstoot gee.”
Covid-19 bied dalk Moeder Aarde ‘n blaaskans
Die mens gebruik meer hulpbronne as wat die aarde kan genereer. Dié effek kan dalk nou afneem namate al meer mense tuis bly.
Dís wat jy eintlik met jou pap batterye moet doen
Min mense weet dat jy nie jou pap batterye in ʼn gewone vullisdrom moet weggooi nie.
Wen: Fliek plaas soeklig op waterbesoedeling
“Dark Waters” word tans vertoon by uitgesoekte teaters in Suid-Afrika. Hierdie rolprent help om opnuut die soeklig te plaas op plaaslike en internasionale omgewingsake, en benadruk die belangrikheid van waterkwessies in ʼn land waar daar dikwels vrae gevra word oor watergehalte.
Doodsklokke lui vir Centurion-meer
Die Tshwane-metro sal Woensdag die twee oorblywende sluishekke van die Centurionmeer se keerwal by die Hendrik Verwoerd-brug oopmaak as deel van ʼn proses om dié meer te dreineer en die natuurlike vloei van die Hennopsrivier te herstel.