Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die SOS, sê daar is beslis leierseienskappe in elke kind en dit moet net ontwikkel word.
Alles vir die sleutelwoord "onderwys"
So lyk planne vir hoër onderwys in afsonderingsperiode
Die departement van hoër onderwys het Woensdag sy planne vir onderrig tydens die afsonderingsperiode by die parlement ingedien.
Wolkskool op radio: Kleuterskoolonderwys, wat sê die reg?
Marnelda de Beer, hoof van die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), verduidelik ook hoe jy jonger kinders (jonger as gr. R) besig kan hou tydens die inperkingstyd, en vra dat dié kinders spesifiek eerder fisieke aktiwiteite doen as om ʼn werksboekie by ʼn tafel te sit en voltooi.
Akademia stel gratis Afrikaanse verwysingsgids vir skole beskikbaar
Die hoëronderwysinstelling Akademia het ʼn nuttige Afrikaanse verwysingsgids ontwikkel om te dien as hulpmiddel vir skoliere sodat hulle nou makliker en vinniger na bronne vir hul skoolwerk op ʼn akkurate en betroubare wyse kan verwys.
Departement ‘maak vordering’ om skole te heropen
Talle provinsies het Maandag reeds te kenne gegee dat hulle meer tyd nodig het vir voorbereiding.
Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak
Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
Regstreekse uitsending: “Tuisskool” – Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?
Regstreekse uitsending: Derduisende ouers landswyd bevind hulself skielik in ʼn situasie waar hulle tuis hul kind se onderwyser moet wees. Om ouers met dié uitdaging te help, het Maroela Media die hulp van ʼn kundige ingeroep. Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Woensdag, 13 Mei 2020 om 15:00 op Maroela Media se Facebook-blad of webwerf.
Wolkskool op die radio: Hoekom wetenskap?
Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.
Wolkskool op die radio: Waar kom wiskunde vandaan?
Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, bespreek die debat tussen Sokrates en Plato rondom die vraag: Word wiskunde geskep of ontdek.
‘Beheerliggame moet self oor skole se opening besluit’
“Die ervaring van ander lande waar skole weer stelselmatig heropen is, bevestig dat die tyd en omstandigheid vir hervatting van onderrig ten beste deur plaaslike omstandighede bepaal kan word.”
Regstreekse uitsending: SA Skole – Wat hou die toekoms in?
Regstreekse uitsending: SA Skole – Wat hou die toekoms in? Volg die regstreekse uitsending Vrydag, 24 April 2020 om 15:30 net hier op Maroela Media.
Onderwysdepartement stel korter vakansies, minder eksamens voor
Hier is die onderwysdepartement se plan om die 2020-skooljaar te red.
Nóg verdagtes vas oor inbrake by Gauteng-skole
Daar was reeds 67 gevalle van inbrake en vandalisme by skole in Gauteng.
Skole moet ‘binnekort’ vir 2020 hervat – kenners
Talle ouers betaal nie meer skoolfonds nie en skole trek swaar sonder dié inkomste.
Pleidooi aan minister: Heropen voedingskemas by skole
“Kinders gaan na alle waarskynlikheid al meer van ʼn betroubare bron van voedselverspreiding afhanklik wees.”
Minstens 41 vas ná skole in Gauteng geplunder is
Die polisie in Gauteng het sedert Maart 2020 reeds 41 persone in hegtenis geneem in verband met die inbrake en brandstigting by skole in Gauteng.
Minstens 183 skole landswyd gevandaliseer
Daar is landswyd by minstens 183 skole ingebreek en duur toerusting gesteel sedert die Covid-19-afsonderingsperiode ingestel is.
Afsondering: Kriminele teiken skole
“As ons kyk na die aantal voorvalle, lyk dit of kriminele skole teiken en sentrums vir gemeenskapsontwikkeling wil vernietig.”
Afsondering: Skoolvakansies dalk geskrap
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, vergader volgende week met die kabinet en moet voorstelle aan die hand doen hoe die ontwrigting aan die skooljaar reggestel kan word.
Akademia bied eerste nagraadse kwalifikasies aan in finansies, opvoedkunde
Die Afrikaanse private hoëronderwysinstelling Akademia het Woensdag drie nuwe nagraadse kwalifikasies vir 2021 bekendgemaak.