“Mag hul ouers en almal vertroosting ontvang in hierdie hartseertyd. Baie sterkte.”
Alles vir die sleutelwoord "Ongeluk"
Man in hof ná tref-en-trap in Bloem
Die motoris het na bewering nie stilgehou ná die ongeluk nie. Sers. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het gesê ondersoekers het hom Vrydag in De Aar opgespoor.
Jong man in koma ná nog ʼn tref-en-trap in Bloemfontein
“Jy vra dat só iets nooit met jou gebeur nie en ás dit met jou gebeur, verstaan jy hoekom jy gevra het dat dit jou gespaar bly. Daar is soveel emosies. Jy is hartseer. Jy bid. Jy is bekommerd. Jy hoop jou geliefde oorleef. Dis baie swaar op gesinne wat hierdeur gaan.”
Man dood, seuns langs pad beseer in ongeluk
Hy het twee kinders, onderskeidelik ses en agt jaar oud, langs die pad getref.
Intercape ‘geskok’ ná dodelike busongeluk
“Intercape is geskok deur en hartseer oor die ongeluk. Ons wil ons diepste meegevoel met die families van die oorledenes betuig.”
Nege dood ná Welkom-busongeluk
“Die bestuurder van die bus het hom na bewering aan ʼn boom naby die ongelukstoneel opgehang.”
Ma, dogter sterf in ongeluk
“ʼn Volwasse vrou en ʼn meisie in die motor is op die toneel dood, terwyl ʼn volwasse man en ʼn meisie geringe beserings opgedoen het.”
Kleuter, vier ander sterf in botsing
Volgens die Wes-Kaapse verkeerspolisie is altesame 20 mense die afgelope naweek op die provinsie se paaie dood.
Gru-ongeluk eis ses van familie; ‘dit sink nog in’
“My swaer het die gewoonte gehad, as sy ma en my ouers saamgegaan het, dat hulle met twee voertuie ry. Ek weet nie hoekom nie, maar hierdie keer was hulle saam in een voertuig. Die kinders ry gewoonlik ook met hulle eie voertuie.”
Ma gewond toe taxibestuurder glo losbrand
ʼn Skare nuuskierige verbygangers wat in Mamelodi, in die ooste van Pretoria, by ʼn ongelukstoneel saamgedrom het, het laat spaander toe skote begin het klap het ná ʼn onderonsie tussen taxibestuurders en van die inwoners.
Bestuurder wat VS-gesin glo doodry, steeds soek
Die polisie is steeds op soek na die bestuurder van ʼn bakkie wat die naweek glo ʼn pa, sy twee jong kinders en nog ʼn maatjie doodgery het nadat hulle uit ʼn ongelukswrak op die pad tussen Bothaville en Allanridge geklouter het.
Broers sterf kort ná hulle matriekuitslae kry
Hulle het “met skok en groot hartseer” verneem van die heengaan van die twee seuns van die distrik se uitvoerende burgemeester.
Vrou dood, man beseer in N1-ongeluk
Die vrou se liggaam was in een van die motors vasgekeer.
Ongeluk in Vrystaat eis 7 se lewe
Die vragmotorbestuurder het aan die agterkant van die voertuig gestaan om aankomende motoriste te waarsku om verby te hou.
Ma sterf, pa en kinders ernstig beseer
Reddingsbeamptes het sowat twee uur lank geswoeg om die oorledene (in haar vroeë 40’s) se liggaam uit die wrak te verwyder.
Een dood, 32 beseer in ongeluk op kruising
“Toe ER24 en talle ander nooddienste op die toneel aankom, het hulle die taxi langs die pad aangetref.”
15 beseer, een dood in Gautengse ongelukke
“Talle mense het verstrooi oor die toneel gelê.”
Drie dood, een beseer toe motor rol
By hul aankoms op die toneel het IPSS Medical Rescue se mediese reddingspan vasgestel dat drie van die insittendes, almal mans, geen tekens van lewe getoon het nie.
Vier beseer in nagtelike ongelukke
“Paramedici het die 23-jarige man op die toneel ondersoek en vasgestel hy was in ʼn bestendige toestand,”
Twee sterf in ongeluk op N1
“By nadere ondersoek het paramedici op twee vroue se liggame afgekom waar hulle naby die voertuig gelê het.”