“Om getroud te wees is uithou en aanhou, maar uiteindelik is dit net genade van Bo.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Ons Tuis"
Gryses span saam om Afrikaanse boeke vir jongspan te lees
Die uitgewery het ʼn interaktiewe, Afrikaanse boekrak Woensdag bekendgestel waar kinders na voorlesing van gehalte-boeke gratis kan luister, en die voorlesing word almal deur Ons Tuis se senior inwoners gedoen.
Gee jou lewe kleur deur ’n bejaarde op te soek
Bejaardes is ʼn onlosmaaklike skakel van ons samelewing. Hul is die oumas en oupas wie se wêreld stil gaan staan om te groet, ʼn mooi plantjie raak te sien en te gesels. Doen dieselfde: gee ʼn bietjie van jou tyd.
Koshuisinwoners neem grootouers by tehuise aan
Toe Michelle Kretzschmar van Ons Tuis se “Neem ʼn grootouer aan”-projek hoor, het sy dadelik geweet dit is die soort sorgsame projek waarby sy studente betrokke wou kry.
Maak ʼn bejaarde se dag met ʼn lekkerny, briefie
Ons Tuis, ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die welstand van bejaardes in Suid-Afrika, het onlangs die Neem ʼn grootouer aan-veldtog van stapel gestuur.