Dié insetsel oor die ‘Ons was daar’-bekendstelling is Dinsdagaand 25 Oktober 2011 op E-nuus op KykNet uitgesaai.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Ons Was Daar"
Hoofstuk 1: Episode 2 – Renier Hugo
Nodeloos om te sê het die 4 Recce-kêrels hulle medaljes vir dapperheid, wat hulle verdien het, ontvang. Ek is egter van mening dat daar daardie aand baie helde was, maar vir ons was dit waarvoor ons opgelei is, en ons het ons werk gedoen.
Hoofstuk 1: Episode 1 – Anton Beukman
Die krokodil kom van agter af tussen my bene in en slaan sy kake op my agterstewe en dye toe. Volgende oomblik is ek op die rivierbodem en word ek soos ʼn lappop geskud en rondgerol.
Voorwoord deur genl Jannie Geldenhuys
Hierdie boek is deur ’n groot aantal individue, vanaf soldatevlak tot by dié van ’n generaal, geskryf. Elkeen vertel sy storie in bekende militêre terminologie of op sy eie besondere trant. Dis nie maar net nog ’n spul ineengerygte Afrika-Bosoorlogverhale in ’n boekomslag nie. Die soldate se vertellings verskil – van die infanterieskutter tot kanonnier, van vlieënier tot mediese ordonnans en logistikus tot die spesialis-spoorsnyer.
Ons was daar
Hierdie boek vertel verskillende stories, maar bowenal ook geskiedenis, werklike geskiedenis. Hier is alles oor soldate, soos vertel deur soldate wat daar was. U sal almal teekom, ewekniee, leier en die wat volg – vegters en hul ondersteuners.