Afrikaanssprekendes is ’n verskeidenheid mense met verskillende identiteite en stories, maar verenig deur ’n pragtige taal. Ek vertel vandag een so ’n storie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "#onsbou-veldtog"
Beweging besig om kulturele vryheid ‘n werklikheid te maak
Die regering se miskenning van grondwetlike taal- en kulturele ruimtes is ‘n verbreking van die 1994-skikking. Dit is die mening van Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Boufonds en Regsfonds van kardinale belang vir Solidariteit se Toekomsplan 2020
Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se Toekomsplan 2020 by die Toekomsberaad wat op 10 Oktober 2015 by die Heartfelt Arena gehou is, is daar aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 miljard in verskeie projekte en instansies gaan belê.
Afrikaanssprekendes sê: “Ons taal is ‘n loopbaanbate!”
Een van die grootste foute wat baie Afrikaanse mense maak, is om te dink Afrikaans is ’n las op hulle of hul kinders en dat dit hulle minder bemarkbaar maak om werk te kry.
Afrikaans in die spervuur; FAK skep hoop
Te midde van die onlangse aanslag op Afrikaans by al die tradisioneel Afrikaanse universiteite bly die Federasie van Kultuurvereniginge (FAK) ’n baken van en vegter vir die beoefening en bewaring van die besondere taal.
95% van Sol-Tech-ambagslui kry werk – navorsing
ʼn Kwalifikasie by Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se eie tegniese opleidingskollege, is een van die beste maniere waarop werksoekers in die tegniese veld hulself kan toerus vir die arbeidsmark. Jongmense wat ʼn Sol-Tech-kwalifikasie het, is ná hul studies nie net indiensneembaar nie – hulle staan in die industrie uit as goed afgeronde, gesogte ambagslui, skryf Cilleste van Dyk.
Solidariteit Beweging gaan verder in krag van gemeenskapmedia belê
Die Solidariteit Beweging, as deel van die Beweging se 2020 Helpmekaarplan, aangekondig dat hy sy strategie ter bevordering van Afrikaanse gemeenskapmedia verder gaan uitbrei.
Sol-Tech: ‘n kampus wat werk
Die Solidariteit Beweging se tegniese kollege, Sol-Tech, het in 2013 sy kinderskoene vir grootmensskoene verruil toe hy die huidige groter kampus in gebruik geneem het. Vandag, drie jaar later en in sy tiende bestaansjaar, is dit een van die suksesvolste kampusse in Suid-Afrika, wat met trots kan sê: “Ons kampus werk!”
Wat doen die Boufonds?
’n Goeie werk verwys na ’n inklusiewe term wat jou as individu sekerheid bied oor die toekoms, jou ontwikkel as ’n mens en jou in staat stel om jou passie en roeping uit te leef.
Hoekom bou ons?
Die Solidariteit Beweging is bekend vir die selfdoen-instellings wat deurgaans op die been gebring word. Dié instellings fokus elkeen daarop om ’n spesifieke leemte in die gemeenskap te vul, hetsy dit welsynswerk, burgerregte of arbeidsake is.
Die FAK – ‘n Organisasie met baie meer as net ‘n sangbundel
Die ontstaan van die FAK in 1929 was ’n direkte uitvloeisel van die Afrikaner wat ’n dringende behoefte aan hoop gehad het. Toe die taal nog maar ’n saadjie was, het die behoefte aan bestaansreg reeds bestaan, ’n tuiste waar Afrikaners hul kulturele roeping kon uitleef en hul taal en kultuur kon bevorder.
Akademia – waarom bou ons?
Goeie onderrig is myns insiens een van die boublokke van ’n beter toekoms.
Akademia mors nie met krisisse nie
As ons universiteite aangeval word, sal ons veg om ons regte te beskerm, maar ons bou ook ’n nuwe Afrikaanse privaat universiteit, Akademia. Solidariteit fokus hierdie week as deel van sy #OnsBou-veldtog op Akademia.
Nuuskommentaar: Polarisasie om ekstreem links en regs geen grap
Terwyl dit duidelik is dat diegene wat ’n rooskleurige toekoms vir die land op die ekstreem linkse vleuel probeer vind gereeld tot vandalisme en geweld oorgaan, verklap leserskommentare dat daar ook nog baie lewe in die ekstreem regse geledere is. In die proses word broodnoodsaaklike aksies, soos die Solidariteit Beweging se #OnsBou-aksie, verdag gemaak.
Solidariteit neem die voortou in vakbondwese
Alhoewel Solidariteit as ’n vakbond bekendstaan, is dié organisasie – die oudste van sy soort in Suid-Afrika – ’n vakbond wat werklik vir sy lede omgee en wat ondanks sy grootte vêr bo sy gewigsklas boks.
#OnsBou – Bou Saam
Ons mense kan tereg vra: “Is daar ’n toekoms?” By Solidariteit laat ons nie toe dat die toekoms met ons gebeur nie; ons bou ’n toekoms.
Nuuskommentaar: “Ons toekoms is te belangrik om dit net aan die ANC oor te laat.”
Gaan die Afrikaner sy toekoms in die hande van die administrasie van pres. Jacob Zuma se regering oorlaat, of gaan hy op ʼn wettige wyse saamstaan en deur die Solidariteit Beweging se #OnsBou-aksie ʼn sinvolle toekoms vir toekomstige geslagte verseker?
Solidariteit begin #onsbou-veldtog
Solidariteit het Woensdag, tydens sy nasionale kongres, ’n reuseveldtog, wat mense aanmoedig om saam aan ’n toekoms te bou, van stapel gestuur.