“Ek dink ons is op ʼn punt waar ons aanvaar dat hy nie meer lewe nie.”
Alles vir die sleutelwoord "ontvoering"
Tiener ‘getraumatiseer’ ná sy van ontvoerders ontsnap
Die motor het eers verbygery maar haar egter minute later by ʼn kruising wat in dié straat inloop, ingewag.
Vasbeslote tiener ontsnap uit ontvoerders se kloue
“Ek is 14. Ek is nog so jonk. Dit kan nie met my gebeur nie. Ek moet hier uitkom!”
Vermeende kinderontvoerders aangekeer
In al drie die gevalle is die kinders in ʼn hospitaal ondersoek, maar geeneen is tydens die ontvoering en aanhouding beseer nie.
Meisie (16) in hof oor baba se ontvoering
Die polisie het aan Maroela Media bevestig die 16-jarige wat vasgetrek is, die einste meisie is wat die dag van die ontvoering by die huis teenwoordig was.
Keer só dat jou gesin ʼn slagoffer van ontvoering word
Die misdaad van ontvoerings met ʼn losprys is nou opnuut onder die loep geplaas ná die ontvoering van die 13 maande oue Eden Laird. Misdaadkenners verduidelik hoe jy jouself en jou geliefdes teen die misdaad kan beskerm:
7 vas vir 3 se ontvoering
Volgens die polisie word die groep verbind met ontvoerings in Eldoradopark, Cullinan en Alberton.
Drie vroue vas ná hulle glo jok oor ontvoering
“Hulle is glo gedwing om ʼn 10-jarige meisie in ʼn rooi Toyota Tazz agter te laat voor hulle na ʼn oop veld geneem is waar hulle onverklaarbaar aangerand en toe in Seyisistraat in New Brighton afgelaai is,” het die polisie gesê.
Ontvoerde vrou by padblokkade gered
“Die 18-jarige vrou het op die agterste sitplek tussen die mans gesit. Die polisie kon sien sy is ontsteld.”
Man vas ná seun ontvoer en in drein aangehou is
Volgens Mokgwabone is die seun in ʼn ou drein gevind.
Vermiste peuter opgespoor ná ontvoering by vulstasie
Die tweejarige kind wat Sondagaand in die Dunnottar-omgewing aan die Oos-Rand ontvoer is, is Dinsdagaand opgespoor.
Man glo drankie ingegee voor hy ontvoer is
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit kom ná ʼn 65-jarige man op 1 Junie as vermis aangemeld is nadat hy nooit huis toe gekom het ná werk nie.
Sakeman ontvoer, beroof; 3 vas
Lede van die man se familie het die polisie in kennis gestel dat daar ʼn losprys vir die man se vrylating geëis word. Intussen is aankope van luukshede soos klere en juwele in ʼn winkel aan die Oosrand gedoen met die man se gesteelde bankkaarte.
Reservis, patrolleerders vas vir afpersing en ontvoering
Hulle het glo ure lank met die man rondgery en R10 000 geëis.
Een meisie gevind ná Boko Haram-ontvoerings
Een van die 219 meisies wat op 14 April 2014 by hul skool in Chibok in Borno in die noordooste van Nigerië deur die Islamitiese groep, Boko Haram, ontvoer is, is glo vandeesweek, twee jaar ná die voorval, opgespoor.
Interpol ondersoek ontvoering van driejarige
Interpol ondersoek die ontvoering van ʼn driejarige dogtertjie van Oos-Londen in die Oos-Kaap wat na bewering deur ʼn kinderoppasser gevat is en R500 000 eis om haar veilig aan die ouers terug te besorg.
Ontvoerde babaseuntjie veilig opgespoor
ʼn Drie weke oue babaseuntjie wat op 8 Julie uit ʼn winkel in KwaZulu-Natal gesteel is, is veilig in Johannesburg gevind.
Pakistani’s vas oor lughawe-ontvoerings
Twee mans wat glo drie Bangladesjers van die OR Tambo Internasionale Lughawe ontvoer het, is in hegtenis geneem.
Ontvoerde Kaapstad-seuns gevind
Clinton Swart (10) en Samuel Muller (11) wat Dinsdag verdwyn het nadat twee onbekende mans hul in Lansdowne, Kaapstad, opgelaai en met hulle weggery het, is gevind.
Twee seuns van Kaapstad ontvoer
Clinton Swart (10) en Samuel Muller (11) het Dinsdag verdwyn nadat twee onbekend mans hul in Landsdowne opgelaai en met hulle weggery het.