’n Mens verstom jou soms hoe gou ’n nuwe brakkie in die huis weet dat as ’n klokkie iewers in die huis lui, hy verwoed voordeur toe moet skannier want dis waar die klokkieluier is.
Alles vir die sleutelwoord "Oom Herrie"
Oom Herrie se kerrie: Voet in die hoek kerk toe
Al ooit opgelet hoe kerkgangers Sondae by jou ryding verbyblits op pad kerk toe?
Oom Herrie se kerrie: Wolweval
Oom Herrie wil vir Wolf leer van ’n donkie wat sy kop net een keer stamp, maar het nie eintlik raad nie. Wolf is nie dom nie.
Oom Herrie se kerrie: In die wieke van die wolke
Groot Herrie het die afgelope Sondag die eerste keer (in ʼn vliegtuig) gevlieg. Die opgewondenheid was groot, maar oom Herrie meen die feit dat hy by sy oulike nooientjie in die Kaap gaan kuier het, was nog meer rede vir groot opgewondenheid.
Oom Herrie se kerrie: Plekkie by die see
In die toekoms, so lyk dit vir oom Herrie, hoef iemand wat ’n plekkie by die see soek nie sy kop te breek oor die vreeslike pryse nie. Nee, hy kan dalk ’n plekkie teen ’n winskoop iewers in die Karoo losslaan, mits hy natuurlik bereid is om ’n rukkie te wag voor die see oor ’n paar jaar daarnatoe opgestoot kom.
Oom Herrie se kerrie: Om dikbek te wees
Oom Herrie is dikbek. Gelukkig net aan die een kant. Ja, soos by ander val die chemo ook die slymvliese van oom Herrie se mond aan.
Oom Herrie se kerrie: Terug op die emmerstelsel
Oorlede Ouma Joey se lampetbeker en emmer wat al lankal as ornamente in die Herries se gastebadkamer onder ’n tafeltjie met ‘n wasblad staan, is skielik weer in gebruik. Gelukkig nog nie die bypassende waskommetjie en koos nie.
Oom Herrie se kerrie: Om met die HAT “geslaan” te word
Vandag het mev. Herrie se pakkie van Leserskring gekom. ʼn Dik pakkie. Die Herries se nuwe HAT.
Oom Herrie se kerrie: Nala se “aanvoelings”
Tog so jammer dat ’n mens so dikwels eers iets ernstigs moet oorkom voordat ’n mens sien hoeveel goed daar in die medemens (en sy beste vriende) opgesluit is.
Oom Herrie se kerrie: Woordpolisie asseblief (of nie?)
Vanoggend gebruik oom Herrie die uitdrukking van “die kous is klere” in ’n nuuskommentaar. Die herkoms is baie duidelik – “The coast is clear”.
Oom Herrie se kerrie: Die (ooste)winde van verandering
Kort nadat die jonge Herrie se karretjie die eerste keer die skuinstes berg uit gevat het na Erfenis se opstal om die latere mev. Herrie die hof te gaan maak, het die eerste nuus oor plaasaanvalle uit die omgewing gekom. Meestal het die Koevoete sommer gou daarmee klaargespeel.
Oom Herrie se kerrie: Die vyfde gaatjie
Daar is ’n keuse om die vyf gaatjies positief of negatief te ervaar. Gaan ’n mens ’n kankerlyer, of ’n kankervegter wees?
Oom Herrie se kerrie: Liewe Heksie en die Gifappeltjies
Oom Herrie kan net dink hoeveel “ammunisie” Dowwe Dolla nou het ná die “Gifappeltjies” die Liewe Heksie-produksie tydens die Vrystaatse Kunstefees ontwrig het.
Boek: Die reine waarheid en ander liegstories
Heerlike humoristiese kontreiverhale uit die Vrystaat, deur die bekende rubriekskrywer, Herman Toerien, wat Maroela Media se daaglikse nuuskommentaar hanteer en die gewilde lekkerleesblog, Oom Herrie se kerrie.
Oom Herrie se kerrie: Was rofstoei ’n klug?
So interessant soos die stoei kon wees, dit was gewoonlik nog interessanter om na die toeskouers te kyk, skryf Oom Herrie.
Oom Herrie se kerrie: Skoutyd is reëntyd
Jare lank kon dit maar hoe droog wees, maar as dit tyd vir Bloemfontein se skou is, dan reën dit.
Oom Herrie se kerrie: Gekke en dwase verf…
Oom Herrie skryf oor ’n jong geslag wat die land sal vorentoe neem te midde van kultuurterroriste en ander uitdagings.
Oom Herrie se kerrie: Verstandlose rugby?
As daar nou twee dinge is waarom oom Herrie wyd hou, is dit bek rek oor politiek en rugby.
Oom Herrie se kerrie: Nala, die “kat-hond”
Nala is ’n weggooihond wat kleintyd op die Herries se pad gekom het. Hier het sy dadelik dik vriende geword met Wolf, die Herries se poolhond met ’n titseltjie of wat Arktiese wolf in sy are.
Oom Herrie se kerrie: Moleste met die orrel
Neef Abrie sê die orrel was nie altoos kerke se eerste keuse vir musiek nie.