Die polisie in Port Alfred het die publiek se hulp versoek in ʼn poging om twee vermiste mans, onderskeidelik 26 en 68 jaar oud, te probeer opspoor.
Alles vir die sleutelwoord "Oos-Kaap"
Moord ondersoek ná verdagtes sterf
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek sake van moord nadat gemeenskapslede van Bengu buite Lady Frere glo reg in eie hande geneem het.
Patensie-plaasmoord: Beloning aangebied vir inligting
Die Oos-Kaapse polisie bied ʼn beloning aan vir enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van ʼn 68-jarige vrou.
DBV-takke kan dalk sluit ná virus-uitbraak
Die uitbreek van ʼn virus by twee Oos-Kaapse takke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en gevolglike medisynerekeninge van derduisende rande, het tot gevolg dat dié takke moontlik binnekort hul deure sal moet sluit.
Inbraak lei glo tot brand by skool
Die brand wat Sondag erge skade aan ʼn gedeelte van die Hoërskool Port Alfred aangerig het, is glo deur inbrekers gestig.
Vrou vas wat glo lyk wou steel
Die Valke het Vrydag ʼn Oos-Kaapse vrou in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn liggaam by ʼn lykshuis in Mthatha probeer opeis het om versekeringsgeld te kan eis.
Man in hof vir vermiste tiener se moord
Die 22-jarige man, wat in hegtenis geneem is vir die moord op ʼn 14-jarige meisie nadat sy aanvanklik as vermis aangemeld is, sal Woensdag in die Uitenhage-landdroshof verskyn.
Aan wie behoort dié verlore ring?
ʼn Vrou se Facebook-inskrywing om die eienaar van ʼn skynbaar verlore trouring op te spoor, word wyd op sosiale media gedeel.
Vermiste meisie dood gevind
Oos-Kaapse polisiebeamptes het Sondag ʼn 22-jarige man in Uitenhage in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 14-jarige meisie wat op Vryheidsdag vermis geraak het.
Twee weermaglede in see vermis
Die Suid-Afrikaanse weermag het Maandag bevestig dat twee soldate wat ʼn week gelede in die see aan die Oos-Kaapse kus vermis geraak het, nog nie opgespoor is nie.
Twee leerders sterf toe vriend glo kar vat
Twee gr. 10-leerders van die Selborne College in Oos-Londen is Saterdag in die vroeë oggendure dood, nadat die motor waarin hulle was teen ʼn hoë spoed teen ʼn boom gebots het.
Man verkrag glo skoolmeisie
ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige skoolmeisie verkrag het.
Man gevonnis na ontvoering, moord op non
ʼn Man wat in Junie verlede jaar ʼn geliefde non van Mthatha in die Oos-Kaap, Suster Mary Paul Tacke, ontvoer en beroof het voordat sy later vermoor is, is Donderdag in die stad se hooggeregshof gevonnis.
Stryery oor kos eindig dodelik
ʼn 49-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar jonger kêrel tydens ʼn rusie oor kos in die Oos-Kaap vermoor het.
Weermaglede ter see vermis
Twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) word vermis nadat hulle glo in die see by Port St. Johns se Tweede Strand in die moeilikheid beland het.
Danny Jordaan-advertensiebord verwyder
ʼn Advertensiebord met die woorde “Danny Jordaan met trots aan jou gebring deur Jacob Zuma” is Donderdag kort nadat dit in Port Elizabeth opgerig is,…
Polisie fnuik beplande plaasaanval
ʼn Beplande plaasaanval naby Port Alfred in die Oos-Kaap is gefnuik nadat polisiebeamptes vooraf ʼn wenk daaroor ontvang het.
‘Ontvoerde’ studente-aktivis in hegtenis geneem
Vusi Mahlangu, die studente-aktivis wat na bewering ontvoer is, is Dinsdag in hegtenis geneem.
PE-kinderporno-saak: ‘Sensitiewe materiaal’ nie in dossier
Die Port Elizabeth-landdroshof het Dinsdag gehoor dat “sensitiewe materiaal van babas wat mishandel word” nie deel is van die dossier in die saak waarin ʼn egpaar van die stad verskyn het vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn internasionale pornografiesindikaat nie.
Man by sokkerwedstryd vermoor
Die Oos-Kaapse polisie het ʼn 28-jarige verdagte in hegtenis geneem nadat ʼn man Vrydagmiddag by ʼn sokkerwedstryd in Willowvale doodgesteek is.