ʼn 29-jarige vrou is in Oos-Londen in hegtenis geneem nadat sy ʼn vyfjarige seuntjie ontvoer en vyf dae lank met hom op die vlug was.
Alles vir die sleutelwoord "Oos-Londen"
Man verdrink ná hy in sleurstroom beland
ʼn Man het Vrydagaand in die see by Oos-Londen verdrink nadat hy in ’n sleurstroom beland het.
Nigeriër in hof oor mensehandel
ʼn Man van Nigerië wat drie jaar lank ʼn voortvlugtige was, verskyn Vrydag in die streekshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap op aanklag van mensehandel.
Goeie nuus: Dowe swemmer red drie van verdrinking
“Dis asof hy nie besef wat hy gedoen het nie. Hy is so nederig en wil nie erkenning of aandag kry hiervoor nie,” het Michael Swartz se ma gesê.
Seereddingspan ontbied vir ‘onbekende voorwerp’ in water
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Oos-Londen is Maandag na die kus by Gonubie, noord van Oos-Londen, ontbied nadat ʼn onbekende voorwerp gesien is waar dit in die water dryf.
Huishulp wat kind glo ontvoer in hof
ʼn 32-jarige vrou wat as huishulp vir ʼn gesin van Oos-Londen gewerk het, sal Dinsdag in die hof verskyn nadat sy glo hul driejarige kleuter ontvoer het.
Ontvoerde driejarige met gesin herenig
ʼn Driejarige meisie van Oos-Londen is Donderdag met haar gesin herenig, meer as ʼn maand nadat sy glo deur haar oppasser ontvoer is.
Man vas na hy glo dreig om haweloses te vermoor
Die polisie in Oos-Londen het ʼn 38-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo gedreig het om hawelose mense te vermoor.
Vrou sterf op sypaadjie omdat verpleegsters glo wil huis toe gaan
“My dogter het haar oë vir die laaste keer toegemaak en gesterf nog voor die verpleegsters se motor in die straat af verdwyn het.”
Reeksmoordenaar glo gesoek ná sewende lyk gevind is
Die liggaam van nóg ʼn hawelose man is Donderdagoggend omstreeks 07:00 in die Oos-Londen-sakesentrum gevind. Hy het erge kopbeserings opgedoen.
Interpol ondersoek ontvoering van driejarige
Interpol ondersoek die ontvoering van ʼn driejarige dogtertjie van Oos-Londen in die Oos-Kaap wat na bewering deur ʼn kinderoppasser gevat is en R500 000 eis om haar veilig aan die ouers terug te besorg.
15 vas; miljoene rande en dwelms op beslag gelê ná groot deurbraak
Vyftien verdagtes wat glo deel is van ʼn dwelmhandelsindikaat, is in Oos-Londen in hegtenis geneem.
Ligte vliegtuig stort neer in Oos-Londen
Vyf mense is beseer, waaronder twee ernstig, toe ʼn ligte vliegtuig Woensdagoggend by die Oos-Londen-lughawe neergestort het.
Egpaar bedrieg kerk glo uit miljoene
ʼn Egpaar van Oos-Londen is Dinsdag vasgetrek nadat hulle glo die plaaslike Twaalf Apostels Kerk in Christus uit miljoene rande bedrieg het.
Baba se kop op bus gevind
ʼn 30-jarige vrou het in die Oos-Londen-landdroshof verskyn in verband met ʼn gru-voorval waarin ʼn baba se kop op ʼn bus gevind is.
Video: Versorger uit op waarskuwing ná erge mishandeling van bejaarde
Die verpleegster wat daarvan aangekla word dat sy ʼn 84-jarige kankerpasiënt in ʼn versorgingsoord in Oos-Londen aangerand en mishandel het, is op waarskuwing vrygelaat tot en met haar volgende hofverskyning op 5 Junie.
Leeus verskeur man by Oos-Londen-dieretuin
ʼn Besoeker is Dinsdagoggend by die dieretuin in Oos-Londen in die Oos-Kaap deur leeus verskeur.
Man gevonnis wat vrou in aantrekhokkie verfilm
ʼn Man is Donderdag in die Oos-Londen-landdroshof gevonnis nadat hy ʼn jong vrou in ʼn aantrekhokkie verfilm het.
Oos-Londen-polisiekaptein geskiet
ʼn Polisiebeampte van Oos-Londen wat nie aan diens was nie is Woensdagmiddag geskiet en gewond toe hy glo twee verdagte mans wou aankeer.
Oos-Londen: Raadslid skiet glo seun tydens voorval van huishoudelike geweld
ʼn Raadslid van die Buffalo City-metro in Oos-Londen in die Oos-Kaap moes glo Sondag noodgedwonge sy 26-jarige seun in albei sy bene skiet in ʼn poging om sy eiendom en lewe te beskerm.