Die Westelike Provinsie, in ʼn rukkerige tweede rat, het Vrydagaand sy wedstryd op Nuweland teen die Boland Kavaliers 30-28 gewen en na die derde plek op die punteleer en Curriebeker-halfeindstryd deurgeskuur.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "OP Kings"
Leeus ruk laat reg, druk elf keer teen die Kings
Die Goue Leeus se brul was in die eerste halfuur teen die OP Kings in die Baai maar bra fyntjies, maar toe het hulle skielik vlamgevat en die telling van 7-elk binne tien minute na 26-7 teen rustyd verander en uiteindelik 71-7 gewen.
Lambie terug; Sharks en WP bly op koers
Die twee Curriebekerwedstryde Saterdagmiddag het die Sharks en die Westelike Provinsie boontoe sien beur op die puntelys, met eersgenoemde wat nou in tweede plek is en die WP wat bo die Goue Leeus ingeskuif het.
Sharks verloor hul eerste; Vrystaat storm steeds voort
Waar was dié Westelike Provinsiespan tot dusver in die Curriebekerreeks? Die Streeptruie het hulle wedstryd teen die Sharks Saterdag op Nuweland 34-27 gewen.
Griekwas ná skrik teen OP nou derde op puntetelys
Die OP Kings het Woensdag met hul ‘tweede span’ verras toe hulle rustyd 17-14 voor was teen Griekwas in Kimberley, maar ná vyf drieë deur die tuisspan in die tweede helfte het Griekwas 47-24 gewen.
Kings gebruik twee spanne in hul drie wedstryde
Dis darem eintlik nie reg in hierdie dae van afgewaterde Curriebekerrugby dat die span vir wie niemand ʼn kans gun boonop drie wedstryde binne sewe dae moet speel nie.
WP se eerste sege, maar heelwat haper nog
Dit was hoofsaaklik ʼn geploeter met ʼn paar stukkies konstruktiewe spel in die stryd ná rustyd in die Curriebekerwedstryd tussen die OP Kings en die Westelike Provinsie in Port Elizabeth wat die besoekers 36-12 gewen het.
Raap-en-skraap Kings laat Bulle groot skrik
Sewe verdoelde drieë vertel nie die volle verhaal van die Blou Bulle se Curriebeker-oorwinning Vrydagaand teen die raap-en-skraap span van die OP Kings op Loftus nie. Die telling was 49-45.
Kings en Boland het albei heelwat te bewys
ʼn Saamgeflanste span om die naam van OP-rugby te begin herstel na Cheeky Watson en sy trawante se wanadministrasie, draf Vrydagmiddag vir die OP Kings in Port Elizabeth in ʼn Curriebekerwedstryd teen die Boland uit.
Wêreldbeker-losskakel op die bank vir Boland
Die Bolandse Kavaliers spog Vrydag in die opstelronde van die Curriebeker teen die OP Kings op Wellington met `n Wêreldbeker-losskakel op die bank.
Ons bly maar tjoepstil
Die uittog van die OP Kings se beste swart spelers na die Bulls (en moontlik ook ander unies en franchise’e) sal soos manna uit die hemel wees om hul kwota-kaste te vul, maar dit bly ʼn skandevlek op die rugbybase van die Baai, die SA Rugbyunie en trek ook sommer die sportministerie daarby in
Saru sal dringend by die OP Kings moet ingryp (episode vyf)
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) durf nie langer langs die kantlyn sit nie, hy sal by die Oostelike Provinsie Kings moet ingryp.
Cheeky maak bokspronge
Cheeky Watson was in sy speeldae en later in sy loopbaan baie omstrede vanweë sy politieke uitsprake en oortuigings. Nou is die grootbaas van die Oostelike Provinsie Rugbyunie opnuut in die spervuur en doen hy bokspringe oor die finansiële gemors waarin die unie hom bevind.
Pumas is die Eersteliga-kampioene van 2013
Die OP Kings dra nie meer hul Curriebeker Eersteliga-kroon nie nadat die Steval Pumas hulle in die eindstryd in die Mbombela-stadion in Nelspruit met 53-30 afgeransel het.
Pumas, Kings pak mekaar in Eersteliga-eindstryd
Die Steval Pumas en die OP Kings sal die tweede agtereenvolgende jaar swaarde kruis in die Absa Curriebeker Eersteliga-eindstryd nadat hulle hul onderskeie halfeindstryde die afgelope naweek gewen het.
Valke laat die Kings skrik
Die OP Kings moes Vrydagaand diep delf om die Valke te klop in ‘n Absa Curriebeker Eersteligawestryd op die NMB Stadion in Port Elizabeth.