Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, het Maandag opdrag gegee aan die minister van finansies, Malusi Gigaba, om die “onwettige bewilliging of uitgawes van staatsgeld by die begrafnis en gedenkdiens van voormalige pres. Nelson Mandela in 2013” te ondersoek.
Alles vir die sleutelwoord "Openbare Beskermer"
OB neem regstappe oor spioenasiebewerings
Die openbare beskermer en haar kantoor het besluit om regstappe te neem teen die DA in verband met “vals bewerings dat sy ʼn spioen was”.
Dak by OB se kantoor stort ineen
“Die ineenstorting word toegeskryf aan ʼn gebrek aan onderhoud deur die departement van openbare werke.”
OB kap terug oor bewering van sameswering
“Ten spyte van hierdie komplot sal die OB onafhanklik en onpartydig bly. My kantoor sal voortgaan om ons werk sonder vrees, guns of vooroordeel te verrig.”
OB versoek om SAID oor Guptas te ondersoek
AfriForum het vandag ’n dringende beroep gedoen op Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), om in te gryp by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se hantering van die Gupta-familie se belastingsake.
Organisasies verwelkom hof se besluit oor Reserwebank
Die sakeregtewaghond AfriSake het Dinsdag die hofbeslissing dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sy mandaat sal behou soos wat dit in die Grondwet omskryf word, verwelkom.
Hof sê oor OB se aanbevelings vir Reserwebank
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdagoggend uitspraak gelewer oor die openbare beskermer (OB) se aanbeveling dat die Grondwet verander moet word om die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank te wysig.
OB sal nie Reserwebank-hofaansoek teenstaan nie
Mkhwebane se besluit volg op die advies van haar regspan dat dit nie ʼn goeie idee is om ʼn hofstryd hieroor te voer nie.
Apartheidsgeld: Betogings by Absa-banke verwag
“Absa weier om aan die OB se bevinding gehoor te gee en noop ons om te betoog.”
Parlement vat nou ook OB hof toe
Die parlement gaan ook ’n hofaansoek bring om die openbare beskermer (OB) se verslag oor die Reserwebank, Absa en Bankorp tersyde te laat stel.
OB maak ʼn fout, sê kenners
“Ons moet alles in ons vermoë doen om die land se ekonomie uit sy rommelstatus te lig en die kommentaar van die OB is net so jammer as onverantwoordelik omdat dit ons aandag van hierdie belangrike taak aflei.”
Absa oorweeg regstappe teen OB
“Die bank is nou besig om die verslag te bestudeer en oorweeg om regstappe te neem om die OB se aanbevelings tersyde te laat stel.”
Reserwebank reageer heftig op OB se aanbevelings
Die Reserwebank het gesê die OB se aanbevelings om die mandaat van die bank in die Grondwet te verander is onwettig en val buite haar magte.
Apartheidsgeld: Absa moet miljarde terugbetaal, sê OB
Sy het ook in die verslag aanbeveel dat die saak na die parlementêre portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste verwys word om die Grondwet aan te pas om die primêre doel van die Reserwebank te wysig
Openbare beskermer moet Gupta-verslae vrystel
Die Demokratiese Alliansie het Sondag die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gemaan om verslae vry te stel oor die welgestelde Gupta-familie, en gesê dit sê baie dat sleutel politieke figure nie in een van die verslae genoem word wat Mkhwebane tot dusver vrygestel het nie.
OB gaan staatskaping ondersoek
Mosana het gesê Mkhwebane het ook kennis geneem van die sogenaamde Gupta-e-pos-sage.
Thuli maak ‘vredesaanbod’ met nuwe OB
Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, het Vrydag bevestig dat sy R470 000 vir motorherstelwerk en huur van ʼn staatsvoertuig sal terugbetaal.
Ek gaan DA dagvaar oor spioen-bewerings, sê Mkhwebane
Die openbare beskermer Busi Mkhwebane het Donderdag gesê haar geduld is op met die Demokratiese Alliansie, wat haar daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen is vir die regering. Sy is van voornemens om die party te dagvaar nadat hulle nie om verskoning gevra het nie.
Madonsela moet opdok vir BMW ná termyn verstryk
Die voormalige openbare beskermer moet opdok nadat sy ʼn amptelike voertuig, ʼn BMW X6, bly gebruik het ná haar termyn verstryk het, asook vir skade aan die motor ná ʼn ongeluk.
Politieke skietgoed
Die nuwe OB besef blykbaar ook nie dat geld wat weens korrupsie verlore gaan, nog minder hulpbronne bied om die werklike behoeftiges en slagoffers te help nie. Sy kan nie tegelykertyd die openbare beskermer én die staatsbehoeder wees nie.