“Op die oog af lyk dit of die SAKP tyd nodig het om hul eie kandidaat as opvolger vir Zuma te posisioneer, en lei daarom die aanslag op Zuma se grootste bedreiging, die Openbare Beskermer,” skryf Herman Toerien.
Alles vir die sleutelwoord "Openbare Beskermer"
Zuma sê hy kan OB se bevindinge hersien
President Jacob Zuma het Donderdag aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gesê daar kan nie van hom verwag word om haar verslag oor Nkandla net te aanvaar nie.
Maphatsoe moet bewyse lewer, sê OB
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het Kebby Maphatsoe, voorsitter van die Umkhonto we-Sizwe militêre veterane-vereniging (MKMVV), drie dae gegee om sy bewering dat sy ʼn geheime agent vir die sentrale intelligensie-agentskap (CIA) is, te bewys.
VSA-ambassadeur wil klag lê oor CIA-aantygings
Patrick Gaspard, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, gaan ʼn amptelike diplomatieke klag lê oor bewerings dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, ʼn geheime agent vir die sentrale intelligensie-agentskap (CIA) is.
“OB is ʼn CIA-agent”
Kebby Maphatsoe, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, het Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, daarvan beskuldig dat sy vir Amerika se sentrale intelligensie-agentskap (CIA) werk, berig The Star.
OB gevra om Telkom se Maseko te ondersoek
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, is versoek om ondersoek in te stel oor Johannesburgse stadsbeamptes se beweerde ingemeng by die metropolisie se ondersoek na Telkom se uitvoerende hoof, het Business Times Sondag berig.
“SAUK-bedryfshoof verdien meer as Zuma”
Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het Woensdag bekend gemaak dat Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, in 2013 meer as R2,8 miljoen verdien het.
Vavi vra Zuma om tot aksie oor te gaan
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, sê president Jacob Zuma moet gehoor gee aan die Openbare Beskermer se aanbevelings of dit in die hof gaan beveg, het die Sunday Times berig.
Nuuskommentaar: Zuma, tyd om te gaan
Dat pres. Jacob Zuma al lankal die trekpas moes kry, weet baie mense al baie lank. Trouens, in daardie geledere is konsensus dat Zuma nooit president moes geword het nie.
AfriForum verkla Mantashe en Duarte by die polisie oor OB
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sowel as Jesse Duarte, die adjunk sekretaris-generaal, aanhangig gemaak.
ANC: ‘Madonsela se bewerings verregaande’
Die ANC sê Thuli Madonsela, openbare beskermer, se bewering dat haar brief aan president Jacob Zuma deur ‘n senior ANC-leier uitgelek is, is verregaande.
OB bekommerd oor Zuma se Nkandla-antwoord
Thuli Madonsela, openbare beskermer, sê president Jacob Zuma se antwoord rakende die opgraderings aan sy Nkandla-woning sluit sekere van haar verslag se bevindings en voorgestelde regstellende stappe uit, het City Press Sondag berig.
Ondersoekeenheid dien finale Nkandla-verslag in
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het sy finale verslag oor Nkandla aan president Jacob Zuma oorhandig.
Zuma probeer aanspreeklikheid vermy, sê DA
President Jacob Zuma poog om aanspreeklikheid te vermy in sy antwoord rakende die R246 miljoen se opgraderings aan sy Nkandla-woning, sê die DA.
Zuma antwoord op Nkandla-verslae
President Jacob Zuma het Donderdag sy langverwagte antwoord rakende die opgraderings by sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal by die speaker van die parlement ingehandig.
Saak oor Motsoeneng-aanstelling kom
Die DA se hofaansoek om Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as die SAUK se bedryfshoof ter syde te stel, is nie dringend nie en moet nie toegestaan word nie, voer die SAUK in hofdokumente aan.
SAUK verwerp OB se bevindinge oor Motsoeneng
Hlaudi Motsoeneng, die nuutaangestelde bedryfshoof van die SAUK, moet nie gestraf word vir ʼn leuen wat hy 19 jaar gelede vertel het nie, voer die openbare uitsaaier in hofdokumente aan.
OB dagvaar minister oor Motsoeneng
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedagvaar om voor haar te verskyn as deel van haar ondersoek na die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.
OB oorweeg klag oor Zuma se dogter
Thuli Madonsela, openbare beskermer, se kantoor oorweeg tans ‘n klag oor die aanstelling van president Jacob Zuma se dogter in ‘n hoë pos in die departement van telekommunikasie en posdienste.
‘Zuma nie betrokke by Motsoeneng-aanstelling nie’
Die presidensie sê president Jacob Zuma het geen aandeel in die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gehad nie.