Inwoners van Florida, Suid-Carolina en Noord-Carolina moes met hul besittings vir hul lewens vlug voor Orkaan Matthew, maar een inwoner het besluit hy gaan nêrens nie, en sy motor veilig hou – in sy sitkamer.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Orkaan Matthew"
[Foto’s] Orkaan Matthew eis ook lewens in VSA
Matthew het Sondag sy orkaanstatus verloor toe dit terug in die oseaan beweeg het en afgegradeer is tot ʼn post-tropiese sikloon, maar nie voordat dit minstens 10 lewens in die VSA geëis het nie.
Orkaan Matthew: Dodetal al meer as 800
Meer as 800 sterftes is reeds aangemeld nadat Orkaan Matthew Haiti vroeër vandeesweek getref het.
Video: Orkaan Matthew: “Julle kinders gaan sterf,” waarsku Fox-weeraanbieder
Shep Smith, ʼn weeraanbieder van Fox News, het so sterk gevoel daaroor dat mense in die pad van Orkaan Matthew in Haiti ontruimingswaarskuwings ernstig moet opneem, dat hy ʼn bietjie meegevoer geraak het.
Orkaan Matthew: Dodetal styg skerp
Die dodetal styg steeds skerp nadat die verwoestende Orkaan Matthew Haiti vandeesweek getref het en nou ook dele van die VSA bedreig.
Minstens 108 dood ná Orkaan Matthew Haiti tref
Die minister van binnelandse sake het Donderdag bevestig minstens 108 mense is reeds dood nadat Orkaan Matthew Haiti getref het.
Orkaan Matthew tref Haiti
Die kragtigste Atlantiese tropiese storm in bykans ʼn dekade het Dinsdagoggend vroeg Haiti getref waar dié storm moontlik nóg ʼn verwoestende humanitêre ramp kan veroorsaak.