Oscar Pistorius se familie het gesê hulle distansieer hulself van die uitlatings wat Oscar se pa, Henke, onlangs aan ʼn koerant in Engeland gemaak het.
Alles vir die sleutelwoord "Oscar Pistorius"
Oscar: Pa blameer ANC vir gewere
Oscar Pistorius se pa, Henke, het die ANC blameer vir die Oscar-sage omdat die regering daarin faal om geweldsmisdaad te beveg.
Nuuskommentaar: Twee woordfeeste om goeie nuus te bring – Maties en Cites
Twee “woordfeeste” begin vandag – die Woordfees wat in Stellenbosch gehou word, en die Cites-konferensie wat vandag in Thailand begin.
Oscar: “Testosteroon” nie onwettig
Die middel wat in Oscar Pistorius se huis gevind is nadat Reeva Steenkamp op Valentynsdag doodgeskiet is, is nie ʼn verbode middel nie.
Oscar gaan vir eers nie oefen nie
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het glo geen planne om weer te begin oefen nie.
Oscar hou gedenkdiens vir Reeva
Oscar Pistorius se familie het bevestig dat Pistorius vanaand ʼn private gedenkdiens vir sy voormalige meisie, die model Reeva Steenkamp, by sy oom se huis in Waterkloof gaan hou.
Reeva se ouers stel regspan aan
Reeva Steenkamp, die vermoorde vriendin van Oscar Pistorius, se ouers het hul eie regspan aangestel om hul belange te beskerm.
Oscar dalk in hospitaal
Gerugte dui daarop dat Oscar Pistorius Maandag in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem is.
Nuuskommentaar: Vaderlandtrots en die kuberruim
Die sosiale media ken in die reël nie iets soos politiek-korrekte persepsies nie, dit is selde gebind aan die gevestigde konvensies en belange. Dit haal die lelike suster uit die kas, en gee haar ‘n naam.
Strafbare manslag-klag vir Oscar se broer
Carl Pistorius, Oscar se broer, staar self klagtes van strafbare manslag in die gesig nadat hy glo ‘n vroulike motorfietsryer in 2008 omgery het.
Kuberkraker twiet namens Oscar se broer
ʼn Kuberkraker het daarin geslaag om in Oscar Pistorius se boetie, Carl, se Twitter-rekening in te gaan om namens Oscar te twiet.
Oscar bring eerste aand buite selle deur
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het sy eerste aand uit polisie-aanhouding deurgebring ná die tragiese Valentynsdag-skietery by sy huis in Pretoria.
Oscar: R1 miljoen borg en voorwaardes
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is Vrydag op borgtog van R1 miljoen vrygelaat. Hy moes R100 000 betaal om vrygelaat te word en moet die res van die geld voor 1 Maart inbetaal.
Oscar kry borg
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is Vrydag op borgtog vrygelaat.
Oscar hoor vanmiddag oor borg
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal na verwagting 14:30 hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word of nie.
Oscar: Afrigter hoop op borg
Ampie Louw, Oscar Pistorius se afrigter, het Vrydag voor Pistorius se borgtogaansoek hervat is, gesê hy hoop Pistorius kry borg.
Nuuskommentaar: Pistorius vs Pote – SA-beeld weer geknou
Brouwerk deur die polisie word ongelukkig te gereeld in hoëprofiel-sake aan die kaak gestel.
“Oscar wou Reeva se lewe red”
Adv. Barry Roux het Donderdag in sy slotargument aangevoer dat Oscar Pistorius se aksie om Reeva Steenkamp na die grondverdieping van sy huis te dra en die nooddienste te kontak, beteken dat hy haar lewe wou red.
Oscar: “Bewyse dui nie op moord”
Adv. Barry Roux het Donderdag in sy slotargument vir sy kliënt, Oscar Pistorius, se borgaansoek gesê bewyse dui daarop dat Oscar nie moord gepleeg het nie.
Oscar: Meer inligting oor vrou se “geestelike toestand”-mosie
ʼn Vrou se verrassende versoek om ʼn mosie voor die Pretoriase landdroshof te dien oor Oscar Pistorius se “geestelike toestand” is Donderdag vlugtig in die hof van die hand gewys.