Die huidige konflik tussen Israel en die Palestyne, wat twee weke gelede begin het deur die bloedigste terreuraanval tot nog toe op Israeliese burgers en die mees koelbloedige aanslag op Jode sedert die Tweede Wêreldoorlog, dreig steeds om in ʼn breër streekskrisis te ontaard wat die reeds gespanne globale verhoudinge verder kan laat verswak.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Palestyne"
Nuuskommentaar: Israel en Palestina – ’n hedendaagse apartheidstaat?
Die Israel-Palestina-konflik hang nie net van die Jode en die Palestyne af nie, maar ook van die rigting waarin die internasionale debat deur betrokke rolspelers gestuur word.
Internasionale oorsig: Palestyne het al hul kanse verspeel
Die voorgestelde ooreenkoms wat die Trump-administrasie aan die begin van 2020 bekend gemaak het, is wesenlik anders as dié voorstelle wat by die 2000-beraad bespreek is.
Israel toenemend in die spervuur
Susie Linfield, ’n professor in die Departement Joernalistiek by die New York-universiteit, New York het so pas ’n opspraakwekkende boek gepubliseer wat fokus op groeiende anti-Semitisme in die linkse beweging in die VSA.
CNN dank medewerker af oor Palestina-uitsprake
Die netwerk het geen rede verstrek nie.
Israel moet eerder vrede nastreef
Die sewentigste herdenking van die totstandkoming van die staat Israel is iets om te vier. Israel sal egter deur sy vriende en bondgenote gemaan moet word om meer verantwoordelik op te tree en om met erns, ywer en ’n bereidwilligheid om toegewings te maak, na die onderhandelingstafel met die Palestyne terug te keer.
Stormloop deur Palestyne op Israel se grens
Net soos die EFF probeer om met anti-blanke haat, grondeise en besettings teenoor die ANC punte te wen, probeer Hamas met besonder opspraakwekkende aksies teen Israel aandag te trek om onder Palestyne en internasionaal as hul verteenwoordiger te geld.
Israel: 50ste herdenking van die Sesdaagse Oorlog
Werklike vrede tussen Israel en sy Arabiese bure, insluitend die Palestyne, blyk nog ver te wees, maar Israel is vandag militêr en ekonomies sterk genoeg om op sy eie bene te staan en enige aanval af te weer.
Israel en die spook van apartheid
Om bloot op internasionaal erkende en grondwetlike minderheidsregte aanspraak te maak, beteken dikwels dat die persoon met ʼn “hunker na apartheid” om die nek getooi word. Dit het ʼn strooipop van die werklikheid geword.
Gasa-vrede skynbaar van baan
Kort voor ‘n vyfdag-skietstilstand sou eindig, en ‘n nuwe skietstilstand na verwagting Dinsdagaand aangekondig sou word, het Israel en die Palestyne mekaar weer met bomme begin bestook.
Onderhoofseun sê jammer oor pro-Palestynse foto
Joshua Broomberg, onderhoofseun van die King David High School in Victory Park, het om verskoning gevra nadat ‘n foto op sosiale media versprei is waarin hy sy teenkanting wys oor geweld teen Palestyne.
Gasa: Jongste skietstilstand hou oornag
Die jongste skietstilstand tussen Israel en Hamas wat Sondagaand in werking getree het, het deur die loop van die nag gehou.
Israel gaan aanvalle op Gasa voortsit na skietstilstand
Die Israelse weermag het Sondag aangekondig dat hy opnuut voortgaan met aanvalle op Gasa nadat Hamas glo te midde van ‘n skietstilstand steeds vuurpyle afgevuur het.
Israel adviseer 100 000 Palestyne om huise te verlaat
Israel het sowat 100 000 Palestyne in die noorde van die Gasastrook aangeraai om hul huise vir hul eie veiligheid te verlaat en na Gasa-stad te gaan.
Gasa-aanvalle: 121 sterf in vyf dae
Minstens 121 mense is reeds in Gasa dood terwyl Israel oornag voortgegaan het met sy lugaanvalle op Palestyne.