“Die hoop is dat Suid-Afrikaners deur middel van dié veldtog die belangrikheid van die behoud van Afrikatale sal erken,” het Ntombentle Huluhulu, PanSAT se waarnemende hoof vir bemarking en kommunikasie, gesê.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Pansat"
SA se Woord van die jaar aangekondig
Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) het Maandag, as deel van Internasionale Woordeboekdag, die Suid-Afrikaanse Woord van die jaar aangekondig.
Uitspraak in die PanSAT-saak, raad wil appelleer
“Ons tale is te kosbaar om op die politieke altaar geoffer te word en ʼn pion te word in die ANC se interne struwelinge.”
Wat nou van meertaligheid?
PanSAT se primêre mandaat is die bevordering van meertaligheid via hierdie strukture. En die ontbinde raad het probeer om die organisasie se struktuur reg te skud sodat die mandaat voorkeur kan kry. Wat nou gaan gebeur, is onseker, want daar is weereens ʼn leierskapsvakuum.
Teenkanting ná minister PanSAT ontbind
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur wat Woensdag aangekondig het dat hy die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontbind het weens swak prestasie en ʼn gebrek aan leierskap, se besluit word uit talle oorde veroordeel.
Minister ontbind Suid-Afrikaanse Taalraad
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Woensdag aangekondig dat hy die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontbind het weens swak prestasie en ʼn gebrek aan leierskap.
Nuuskommentaar: Nasionale verlamming lei tot aktivisme en anargie
Wanneer ’n taalreg verdamp, gebeur meer as net dat die taal geknou word. Nie net taalregte word aangetas nie, maar ook ander regte van ’n taalgemeenskap. Die afdanking van Pansat se raad het dieper betekenis as bloot om dié liggaam meer doeltreffend te laat probeer werk.