“Dit is duidelik hierdie massa-indiensnemingskemas word nie geskep met die opregte bedoeling om werk te skep nie, maar eerder as ʼn ANC-verkiesingstaktiek.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Panyaza Lesufi"
Skole geboelie om werkloses vir verkiesing te registreer
Die opdrag kom sonder enige oorlegpleging vooraf met die skoolbeheerliggame en skoolgemeenskappe in Pretoria wonder wie vir die gebruik van hul hulpbronne gaan betaal.
Lesufi rep geen verdere woord oor e-tol
“Dit is duidelik dat e-tol hier is om vir die afsienbare toekoms te bly en dat Lesufi nes sy voorganger David Makhura nog ʼn leë belofte gemaak het.”
‘Lagwekkend’: Lesufi wil sélf verkiesingsplakkate in Orania opsit
“Ek is seker Orania sal hom hartlik ontvang met gemmerbier en koeksisters terwyl hy sweet om in die warm Karoo plakkate op te sit,” sê dr. Dirk Hermann van Solidariteit.
Lesufi wil nie meer dranklisensies uitreik nie
Die premier voer aan alkohol is die ‘poort tot dwelmmisbruik en dit is waaruit ander, sterker dwelmmiddels spruit’.
#JongStemme: Weet julle nou nog nie wie Lesufi is nie?
Sy waarheid, soos sy party al keer op keer bewys het, is dat dit net met homself mag goed gaan, maak nie saak wie agterbly nie.
Lesufi moet belofte oor maatskaplike dienste op skrif stel
Volgens Solidariteit was die voorneme van Panyaza Lesufi om die begrotingsbesluite te heroorweeg, blote oëverblindery wat, tensy dit skriftelik bevestig word, net “ʼn idealistiese voorneme bly wat weer verander kan word”.
Lesufi se misdaadvegters ‘goeie gedagte’, maar waarskynlik gedoem
Polisieringskenners is nie oortuig daarvan dat Gauteng se 6 000 nuwe misdaadbestryders Gautengers se veiligheid kan verseker nie. Hulle is inteendeel bekommerd oor die bestryders se veiligheid.
Panyaza Lesufi nou die premier van Gauteng
Panyaza Lesufi is Donderdag tydens ʼn spesiale sitting van die Gautengse provinsiale wetgewer aangewys as premier van Gauteng.
Gautengse skole: Meer aansoeke as plek
LUR Panyaza Lesufi sê ouers moet daarop voorbereid wees dat hul kinders moontlik nié in die skool van hul keuse plek gekry het nie.
Lesufi sê sy woorde is verdraai
Panyaza Lesufi is hoogs ontsteld oor ’n onlangse mediaberig waarin daar glo geïnsinueer word dat hy ten gunste van die herinstelling van lyfstraf is.
Regstappe kom nadat Lesufi swyg
Die ANC in Gauteng het intussen uitgevaar teen “rassistiese en regse groepe” se aanvalle teen Panyaza Lesufi, iemand wat “nie-rassigheid verdedig”.
AfriForum stel ultimatum aan Lesufi
“Indien hy nie voor môre reageer nie, word ons ooreenkoms nietig verklaar en sal ons voortgaan met ons lasteraksie teen hom.”
DA ruk op na Lesufi se kantoor oor Bela-wetgewing
Die optog gaan plaasvind tydens ʼn mediakonferensie wat Lesufi om 11:00 by sy kantoor in Marshalltown, Johannesburg, gaan hou.
‘Gauteng verdien beter as Lesufi’
“Panyaza Lesufi het met sy mislukkings en optrede as LUR van onderwys bewys dat Gauteng sal ly as hy premier sou word.”
Bela-wet moet Afrikaanse skole transformeer, sê Lesufi
Lesufi het uitgevaar teen Afrikaanse skole wat in 2019 slegs 6% van alle skole in Gauteng uitgemaak het en die taal verbind met ʼn vorm van rassistiese uitsluiting deur te insinueer dat lede van die Afrikaanse skoolgemeenskap rassiste is.
Lesufi kry wind van voor oor uitlatings
Volgens Solidariteit skep die LUR deur sy uitlatings die indruk dat die regering geensins ag slaan op die uitkomste van die proses van openbare deelname wat tans aan die gang is nie.
Beveg onderwyswetsontwerp, vra AfriForum, DA
AfriForum het ’n aanlyn petisie begin om steun teen die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette (Bela-wet) te verkry.
Lesufi: ‘Skole mag nie ras, taal gebruik om uit te sluit’
Daar mag nie ’n enkele skool wees wat vir ’n sekere ras gereserveer word of ’n ras wat ’n sekere taal praat en alle ander kinders uitsluit nie.
Skoolaansoeke vir Gauteng eers in Julie oop
Aansoekers sal ook vanjaar ingelig word oor die taal waarin ʼn bepaalde skool klasgee wanneer hulle aansoek doen.