Suid-Afrika en die wêreld kan net ’n beter plek wees as ons kies om ons verskille op ’n beskaafde en vreedsame wyse te besleg. Maar niks gaan gebeur as ons altyd wag vir die ander een om die eerste skuif te maak nie.
Alles vir die sleutelwoord "parlement"
Veiligheid by parlement opgeskerp ná selfdood
Die parlement het die naam van die amptenaar wat homself Vrydag in sy kantoor op die terrein doodgeskiet het, bekend gemaak.
Personeel by parlement ‘getraumatiseer’ ná skietvoorval
“Dit is regtig iets wat nog nooit gebeur het nie en deeglik ondersoek sal moet word.”
Behoede SA dat BLF moet besluit oor grond
Die vraag moet egter gevra word waarom iemand soos Mngxitama en die BLF, wat na hulself verwys as grondwetlike misdadigers, enigsins grondwetlike prosesse kan gebruik om hul ongrondwetlike optrede, aksies en uitsprake te kan bevorder.
Grondonteiening: ‘Boodskap van boere aan die president’
“Pres. Cyril Ramaphosa sal nie regkry om almal ʼn rat voor die oë te draai oor presies wat onteiening sonder vergoeding is en wat die ANC-regering daarmee beoog nie.”
Ministers se braaigeriewe ruk jou sak
“Ons is van mening dat daar nie van Suid-Afrikaners verwag kan word om dié bedrag geld net vir braaigeriewe vir ministers op te dok nie.”
Parlement hervat werksaamhede
Die parlement hervat hierdie week op omvattende skaal sy oorsigrol ná ’n lang winterreses waartydens darem heelwat vordering gemaak is met sloerende wetgewing en ’n moontlike grondwetlike wysiging om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Sosiale media gons oor ‘afstigting van die Kaap’
Die parlement het intussen ook op die berigte reageer.
Mabuza ontwykend oor grondkwessie
Adjunkpres. David Mabuza het Dinsdag tydens vraetyd in die parlement ʼn eierdans oor die onteiening van grond sonder vergoeding gedoen.
‘Wysigings aan Openbare Ouditwet gaan verantwoordbaarheid meebring’
“Die voorgestelde wysigings aan die Openbare Ouditwet gaan help om oneerlike en korrupte staatsamptenare verantwoordbaar te hou. Tot nou was ʼn gebrek aan verantwoording ʼn groot rede vir die bedrog, korrupsie en wanbesteding by staatsinstellings.”
Regering begroot R4 miljard vir nagraadse studie
Die regering het vanjaar R4,4 miljard begroot vir duisende nagraadse studiebeurse, maar die toewysing aan die nasionale navorsingstigting (NRF) wat vir gevestigde navorsers gebruik word, is aan’t afneem.
Parlement groet twee struggle-veterane
ʼn Senior lid van die ANC het vanmiddag in die parlement gevra dat ʼn standbeeld vir die ontslape aktivis Winnie Madikizela-Mandela opgerig word.
Noordwes: Regering gryp in
Die kabinet het besluit om in te gryp in die geweldgeteisterde Noordwes-provinsie en sommige van die Mahumapelo-regering se magte oor te neem.
Oorsigmagte van die parlement versus die reg op ’n billike verhoor
Die parlement moet egter versigtig wees om nie die skoene van die Valke en ander ondersoekende liggame te probeer vul nie en daarom moet die parlement die spesifieke doel om getuies te roep, baie duidelik stel.
Wettigheid van Zuma-regskoste se betaling bekyk
Die staat het reeds R15,3 miljoen aan oudpres. Jacob Zuma se regskoste bestee, maar die wettigheid van die ooreenkoms waarvolgens dit geskied sal opnuut bestudeer word, het pres. Cyril Ramaphosa onderneem.
‘Polisie moet grondbesetters arresteer’ – Ramaphosa
Die polisie moet mense wat grond onwettig beset, dadelik arresteer, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Sleutelpunte: Ramaphosa dek álles in staatsrede
Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydagaand in sy eerste staatsrede in die parlement in Kaapstad gesê ʼn nuwe era het aangebreek vir Suid-Afrika – ʼn era waarin die “ongeregtighede van die verlede en die ongelykhede van die hede” ten sterkste aandag gaan kry.
Dlamini-Zuma as LP ingesweer
Kort nadat die ANC bekend gemaak het dat Dlamini-Zuma in die parlement ontplooi gaan word, was bespiegeling groot dat dié stap op ʼn kabinetskommeling sal afstuur.
Mosie van wantroue: Só sal die geheime stemmery plaasvind
Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, verduidelik hoe die prosedures vir die geheime stemmery Dinsdagmiddag sal verloop:
Gaan Mbete haar ware kleure wys?
“Alles hang nou van één persoon af. Gaan sy die moed hê om vir die eerste keer in haar lewe ’n bietjie moed aan die dag te lê?”