Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het nog tot 10 Julie tyd om te oorweeg of Eugene de Kock op parool vrygelaat moet word.
Alles vir die sleutelwoord "parool"
Hof verwerp Christoff Becker se aansoek
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se dringende aansoek om weer op parool vrygelaat te word, van die hand gewys.
Christoff Becker vra parool
Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-4, gaan Vrydag ʼn dringende aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien om weer op parool vrygelaat te word.
Christoff Becker gaan weer parool vra
Die departement van korrektiewe dienste sê hy sal ‘n dringende aansoek deur Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof vier, om weer op parool vrygelaat te word teenstaan.
Nog geen besluit oor Derby-Lewis se mediese parool
Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê daar is nog nie ʼn besluit geneem oor Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool nie, al het hy na verwagting slegs ses maande oor om te lewe.
Nuuskommentaar: Derby-Lewis se lot deur voorvadergeeste beslis?
In die gewapende stryd voor die ANC in 1994 aan bewind gekom het, het talle onskuldige vroue en kinders en selfs babas om die lewe gekom. Van die bekendste plegers daarvan sit vandag in die hoogste politieke poste. Tog geld die voordele nie vir almal nie…
Paroolaanbeveling vir Derby-Lewis verwelkom
Front Nasionaal (FN) het Dinsdag gesê die party het “versigtig optimisties; dog met dank” kennis geneem van Michael Masuthu, minister van justisie en korrektiewe dienste, se positiewe aanbeveling dat Derby-Lewis (78) op parool vrygelaat moet word.
Derby-Lewis: Minister moet finaal sê ondanks aanbeveling
Michael Masuthu, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê hy sal die voorleggings van familielede en ander belanghebbendes in ag neem voor hy finaal besluit of Clive Derby-Lewis op parool vrygelaat gaan word.
Aanbeveling vir parool vir Derby-Lewis
Mike Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê daar is aanbeveel dat Clive Derby-Lewis op parool vrygelaat word.
Parool wink glo vir De Kock, Derby-Lewis
Die hooggeregshof in Pretoria het opdrag gegee dat die nuwe minister van justisie en korrektiewe dienste moet oorweeg om Eugene de Kock op parool vry te laat.
Derby-Lewis se toestand bly onveranderd
Clive Derby-Lewis (78), wat onlangs met longkanker gediagnoseer is en na verwagting nog net ʼn jaar oor het om te leef, se toestand is onveranderd en hy ontvang steeds behandeling by ʼn privaathospitaal in Pretoria.
Derby-Lewis nog net ʼn jaar oor om te leef; Steve betoog saam oor sy parool
Clive Derby-Lewis (78) is met longkanker gediagnoseer en het na verwagting nog net ʼn jaar oor om te leef.
Waterkloof-twee bak brood in die tronk
Frikke du Preez en Christoff Becker, die sogenaamde Waterkloof-twee, werk in die bakkery van die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis en word in ʼn gemeenskaplike sel aangehou, berig Rapport.
Waterkloof-vier vrygelaat
Die sogenaamde Waterkloof-vier is Dinsdag onder streng paroolvoorwaardes vrygelaat.
Video: Elektroniese oog op oortreders op parool
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) beoog om voor die einde van die finansiële jaar nóg 500 oortreders, wat op parool vrygelaat is, met ‘n nuwe elektroniese stelsel dop te hou.
Shaik ontken hy het joggie aangerand
Veroordeelde bedrieër Schabir Shaik het ontken dat hy ʼn joggie by ʼn gholfbaan in Durban verbaal geteister en aangerand het.
“Gee adv. Barbie ʼn kans”
Cezanne Visser, oftewel adv. Barbie, se advokaat het Dinsdag aan EWN gesê hy glo sy kliënt is gerehabiliteer en het ʼn beroep op almal gedoen om haar ʼn kans te gee.
Adv. Barbie kry vandag parool
Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan na verwagting Maandag in Pretoria op parool vrygelaat word. Sy gaan onder huisarres geplaas word.
Derby-Lewis se medieseparool-aansoek afgekeur
Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool is van die hand gewys.
Verkragter op parool op heterdaad betrap
ʼn Verkragter wat op parool vrygelaat is, is Dinsdagmiddag op heterdaad betrap waar hy besig was om ʼn 15-jarige in Jabulani, Soweto, te verkrag.