“My kind, sê sy, ek wil nie hê jy moet doodgaan voor my nie, dis al wat ek vra.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Penguin Random House"
Boek-uittreksel: Marja gekatvis ná huwelik met narsis, leuenaar
Kom lees ʼn uittreksel uit Annelie Botes se jongste roman, ‘Katvis’.
De Ruyter-boek vlieg van rakke, breek rekord
“Dit is grotendeels te danke aan De Ruyter, ʼn dapper fluitjieblaser wat geweier het om blatante uitbuiting en misdaad te ignoreer.”
Truth to Power: Geheime skuil agter De Ruyter-boek
De Ruyter se boek is deur al die prosesse onder die skuilnaam ‘Moonlight’ voordat dit op die rak verskyn het. Die uitgewer Penguin Random House Suid-Afrika vertel hoe hulle dit reggekry het om dié onthullende boek geheim te hou tot dit winkelrakke getref het.
Uitgewersreus stel nuwe druknaam bekend
“Ons is toegewyd en opgewonde om nuwe inspirerende stories en boeke oor die Christelike lewe en studie, begrip en genot van die Bybel te publiseer.”
Kom lees ’n uittreksel uit ‘Brandmerk’
“Was daar ’n ander sy aan sy pa wat nie soos ’n dors duiwel na bloed geroep het nie? Sien, hy gaan nooit weet nie. En dit is alles Nathan Dean se skuld.”
Boek ontmasker onderwêreld van ʼn reeksverkragter
In “ʼn Enkele verhaal’ deel Deon Wigget vir die eerste keer sy storie in Afrikaans: ʼn storie oor die verwerking van kindertrauma en die ontmaskering van Willem Breytenbach.
Luister: Onteiening, uitsettings en grondgrype – insigte in SA se grondkwessie
Karl Kemp het van die tuinbougebied Philippi, diep in die hartjie van Kaapstad se bendegebied, tot by die veselperske-plantasies van Tzaneen gereis om met mense oor die kwessie van grondbesit te gesels.
Luister: Verhaal van VBS se epiese bedrog van R2 miljard
Miljarde rande het saam met die droom van die bank verdwyn, wat hom bemark het as ʼn vreeslose voorstander van swart vooruitgang, en dit was meestal mense wat dit reeds nie breed gehad het nie, wat hulle laaste spaargeldjies met dié bank se ineenstorting verloor het. Dewald van Rensburg het met Maroela Media gesels oor sy boek “VBS: A Dream Defrauded” wat die bankskandaal tot op die been oopvlek.
Boek: ‘#ImStaying’ bring hoop vir SA’ners
Meer as ʼn miljoen Suid-Afrikaners het binne enkele weke nadat die #ImStaying-veldtog op die been gebring is, hul gunsteling-herinneringe en stories op dié beweging se Facebook-blad gedeel.
Anel Heydenrych gesels oor karakters wat bly spook
“Om eerlik te wees, ek was party aande ʼn bietjie bang,” vertel Anel Heydenrych, skrywer van die sielkundige riller “Die afloerder”.
Calitz maak musiek met skryfwerk
Wilken Calitz meen hy is ewe tuis tussen woorde as tussen musieknote. Lees meer oor sy debuutroman “Swart swaan”.
Hofmeyr sluit Sluiper-reeks af
“Tannie Stienie sou hom ʼn skorriemorrie noem. Ek noem dié reeks ‘Staal Burger-noir’,” sê Steve Hofmeyr, skrywer van die Sluiper-reeks.
Selfpublikasie, hier is wat jy moet weet
Het jy ʼn manuskrip wat in jou laai lê en stof opgaar? Wil jy graag die boek publiseer, maar weet nie waar om te begin nie? Dan moet jy hier luister. Izak de Vries gesels oor Paper Frog Publishing, ʼn uitgewery wat skrywers help om self hul boeke uit te gee.
Irna van Zyl: Van veelsydige joernalis tot misdaadskrywer
Die joernalis, sakevrou en skrywer, Irna van Zyl, se derde speurroman, “Bloedsteen”, het in Maart by Penguin Random House verskyn. Sy gesels met Maryke Roberts oor die sprong van joernalis na kreatiewe skrywer, haar lewe in die Kaap, en wat volgende op haar wag.
Boek: Swart swaan
Wilken Calitz se debuutroman, “Swart swaan”, is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.
Boek-uittreksel: Bloedsteen
“Storm voel asof sy ook deur ’n sneltrein getref is. Nie ’n enkele gedagte gaan deur haar kop nie. Haar brein het botstil gaan staan. ’n Bol watte agter haar voorkop.”
Boek: Geen engel nie
“Geen engel nie” is ʼn aangrypende roman oor familie, verraad en wraak.
Boek: Die Afloerder
“Die afloerder” is ’n sielkundige riller wat so koud en donker is as kan kom.
Internasionale uitgewersreus neem Lapa onder sy vlerk
Penguin Random House Suid-Afrika, ’n afdeling van die internasionale uitgewersreus Penguin Random House, het pas aangekondig dat hy Lapa Uitgewers by die ATKV gekoop het.