Die lewe ná aftrede is jou derde en laaste lewensfase. Daar is baie redes waarom dit die gelukkigste tyd van jou lewe behoort te wees. Maar jy kan dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit sal net gebeur as jy reg beplan het en jouself ten beste daarby aanpas.
Alles vir die sleutelwoord "pensioen"
‘Gek om staatspensioene te gebruik om ondernemings te red’
“Dit is ‘onlogies en gek’ om die geld van die staat se pensioenarisse te gebruik om gekaapte openbare ondernemings te probeer red.”
Bejaardes ly op een dag in vier rooftogte
“Die regering moet ons bejaardes beskerm, want hulle is sagte teikens.” Dít is die reaksie van Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, nadat nege bejaardes omstreeks 6:00 vanoggend in Pretoria deur rowers gewond is, terwyl drie afsonderlike gevalle in Durban plaasgevind het.
Nuuskommentaar: Groot oorwinning vir Transnet-pensioenarisse
Soms is daar tog fantastiese nuus. Die nuus gister dat die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis het dat ‘n klasaksie teen Transnet en twee van sy pensioenfondse ingestel kan word, is so ‘n geval.
VF Plus en Transnet-pensioenarisse ruk op na Uniegebou
Honderde Transnet-pensioenarisse en hul familielede gaan Donderdagoggend saam met die Vryheidsfront Plus (VF Plus) na die Uniegebou in Pretoria opruk as deel van ʼn openbare betoging oor dié werkers se pensioenfondse.
Bonusbetaling aan Transnet-pensioenarisse; betoging beplan
Transnet-pensioenarisse gaan 13de tjeks altesaam ter waarde van R178 miljoen ontvang, het Transnet Dinsdag aangekondig.
Video: Transnet-pensioenarisse sukkel om te oorleef
Pensioenarisse wat van Transnet se pensioenfonds afhanklik is, sê hulle sukkel om te oorleef.
Swendelaars steel bejaardes se toelaes
Meer as 30 bejaardes is in Pretoria van hul welsynstoelaag beroof deur mense wat hulself as beamptes van Sassa voorgedoen het.
Prima Tyd – Geniet jou lewe na 50
“Prima Tyd” se primêre boodskap is dat as jy jou lewe na 50 wil geniet, jy nie enigsins moet dink dat dit outomaties kom nie. Die outeur moedig dus lesers aan om nie enigsins op hul louere te rus wat dit betref nie maar om behoorlik te beplan en ook hulle planne tot uitvoer te bring.
100 jaar tronkstraf ná pensioen-skietery
Vyf mans wat omstanders by ‘n pensioenbetalingspunt in Kranskop, KwaZulu-Natal gewond het, is Vrydag swaar gevonnis deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg.
Twee in hof oor pensioen-moorde
Twee mans wat van die moord op drie mense by ‘n pensioenbetaalpunt in KwaZulu-Natal aangekla word, het Maandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.
OB-verslag: Pensioengeld 14 jaar later nog nie oorbetaal nie
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Woensdag haar verslag bekendgemaak oor die beweerde verkeerde berekening van die pensioenvoordele van ‘n voormalige werknemer by die departement van onderwys in die Oos-Kaap.
Drie dood ná pensioen-skietery
Twee sekuriteitsbeamptes en ‘n pensioenaris is Vrydag in ‘n skietery in Durban doodgeskiet.