Derdejaarstudente by die Militêre Akademie in Saldanha is dit eens dat vyf dae van perd-gesteunde leierskapsopleiding hulle geleer het om meer geduldig te wees, kalm te bly en ’n situasie eers op te som voordat daar opgetree word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "perde"
Diensdiere versterk Wes‑Kaapse lang arm van die gereg
Kaapse polisie-eenheid spog tans met 25 honde en sewe perde.
Metropolisie herenig verlore perde met eienaar
Bedankings stroom steeds in nadat die Ekurhuleni-metropolisie se berede eenheid sowat ʼn maand gelede vier verlore perde aan hul eienaars terugbesorg het.
‘Geen vordering’ in sake van dierewreedheid teen weermag
Die NDBV sê SAASIC verontagsaam die land se regstelsel en het geen berou oor die wreedheid wat by sy Potchefstroom-basis plaasgevind het nie.
‘Stem van die perde’ buite July gehoor
“Almal sien die prag en die praal aan die Durban July verbonde, maar die perde is egter slagoffers van dié bedryf.”
Nóg weermagperde vrek, is siek ‘weens swak sorg’
Die Nasionale Raad van DBV sê hy is gewalg deur die Suid-Afrikaanse Weermag se onvermoë om na die perde in sy sorg om te sien. Die raad en die weermag stamp weer koppe nadat ʼn perd in ʼn terminale stadium van Afrika-perdesiekte by ʼn weermagperseel by Rooiwal buite Pretoria van kant gemaak moes word.
Hoop vir Namib se laaste wilde perde
Die oorsprong van die Namib se wilde perde is onbekend, maar daar is verskeie teorieë oor die perde se herkoms.
[Video] Perd ná dae uit stormwaterdrein gered
ʼn Perd is Dinsdag uit ʼn stormwaterdrein in Tembisa, tussen Johannesburg en Pretoria, gered nadat dit vermoedelik oor die naweek deur ʼn inspeksiegat geval het.
Perd se manewales het gemeenskap op hol
Pronk, ʼn vierjarige hings, se liefde vir water het Donderdagoggend die Centurion-gemeenskap op hol gehad toe dit voorgekom het asof hy deur vloedwater vasgekeer word.
Gedenktekens, die jaarlikse Hoefslagfees en Bok van Blerk
Jackie Grobler praat oor sy besoek aan die VK om gedenktekens te vind wat die Anglo-Boereoorlog herdenk. Claudia van der Nest vertel ons oor die jaarlikse Hoefslagfees en Bok van Blerk praat oor die boere-generaal, Koos de la Rey.
Foto’s: Kaapschehoop se rykdom
Marianne Styan nooi jou om gerus by Kaapschehoop in Mpumalanga te gaan kuier: of dit nou vir die staproetes en wilde perde is of selfs om die hele dorpie uit te huur vir jou troue. Loer gerus na die mooi foto’s onderaan die berig.
Foto’s: Perde veroorsaak groot ongeluk in Centurion
Drie mense is beseer nadat hul voertuie Dinsdagoggend twee perde op ʼn besige pad in Rooihuiskraal, Centurion, getref het.
Allegaartjie 3 – Program 31
Highveld Horse Care se werksaamhede word bespreek in Wêreld van Welsynsorganisasies, twee dieselingenieurs praat oor hulle studierigting en ons gesels vir oulaas oor huislenings en rentekoerse.
Foto’s: Versoek vir perdevoer ná weiveld afbrand
Wetnose Animal Rescue het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om voer vir perde aan te skaf nadat hul kleinhoewe in Rayton, oos van Pretoria, oor die naweek afgebrand het.
Joggie maak geskiedenis by Durban July
Chris van Niekerk het breed geglimlag toe sy perdejoggie, S’Manga Khumalo, Saterdag die eerste swart perdejoggie geword het wat die gesogte Durban July by Greyville-resiesbaan gewen het.