Swak dissipline het East Rand United (ERU) se kans om vir `n opskudding teen die Valkekampioen, Brakpan, te sorg verlore laat gaan.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Peregrine-uitspeelliga"
Valkeliga: ERU se kragtoer waarsku grotes
In `n besondere kragtoer het East Rand United (ERU) gelykop gespeel teen verlede jaar se naaswenner van die Valke se Peregrineliga, nadat dié vroeër met die huidige kampioen klaargespeel het.
Valkeliga: Vereeniging wen oorlog teen Brakpan
Vereeniging het Saterdag nie net die voortsnellende Valkekampioen en Goue Bekerspan, Brakpan, gestuit nie, maar die kragmeting verrassend ver gewen.
Valkeliga: groot kloof al hoe duideliker
Die kloof tussen die boonste en die onderste spanne in die opstelronde van die Valke se Pergrine liga raak al hoe opvallender al is die honderdtalle vir eers van die baan.
Valkeliga: wag daar nog `n 100-tal op Brakpan?
Wag daar Saterdag nog `n honderdtal op Brakpan in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga, of kan die studente van die NWU Vaal sy stoomrollertog stuit?
Valkeliga: Brakpan behaal tweede honderdtal
Brakpan het die tweede opeenvolgende Saterdag in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga `n honderdtal op die rugbyveld behaal.
Valkeliga: Merlinhouer klim eerste trappie
Die Valke se Merlinliga-kampioen, East Rand United (ERU), het sy eerste trappie na `n plek in vanjaar se Peregrineliga geklim deur een van verlede jaar se senior klubs in die uitspeelronde vir Peregrinestatus te klop.