Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vier mense dood en verskeie beseer is toe ʼn minibustaxi en ʼn motor buite Phalaborwa in Limpopo gebots het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Phalaborwa"
‘Verkragter-pa’ skiet 3, toe homself
“Die provinsie gaan tans gebuk onder ʼn vlaag geslagsgebaseerde geweld en dus moet voorvalle van hierdie aard so sterk as moontlik veroordeel word.”
Toeriste ʼn dag ná Kersfees aangeval, beroof
Buitelandse toeriste is met wapens aangehou en van etlike waardevolle items beroof.
Veiligheidswag glo deur olifant vertrap
ʼn Veiligheidswag, wat deur privaat kontrakteurs aangestel is, is Saterdagoggend by Foskor-myn in Phalaborwa dood nadat hy glo deur ʼn olifant vertrap is.
Wildbewaarders vind 14 leeus wat ontsnap het
Wildbewaarders het ʼn trop van 14 leeus opgespoor nadat hulle uit ʼn natuurreservaat in Limpopo ontsnap het.
Ontsnapte leeus nie ‘bekende wildtuintrop nie’
SANParke het gesê 14 leeus wat vermoedelik Donderdag uit die Krugerwildtuin ontsnap het, is nie ʼn bekende trop van die wildtuin nie.
Phalaborwa-inwoners gewaarsku oor leeus
“Die leeus het vermoedelik uit die wildtuin ontsnap.”
Limpopo-egpaar op hoewe oorval, vasgebind
Die verdagtes het Saterdagoggend vroeg toegang tot die huis verkry waar die egpaar en hul kind gelê en slaap het.
Soldaat val na sy dood tydens militêre demonstrasie
“ʼn Amptelike ondersoek is van stapel gestuur om die verloop van gebeure wat gelei het tot die noodlottige ongeluk te bepaal.”
Ses dood by myn in Limpopo
“Die soek-en-reddingsoperasie het tot omstreeks 02:35 vanoggend voortgegaan.”
Ses nuwe voertuie by Ford-handelaar gesteel
ʼn Onbekende aantal verdagtes het gedwonge toegang tot die gebou verkry, die sleutels van die motors uit ʼn kantoor gesteel en toe met die voertuie gevlug.
‘Wonderwerk’ dat bejaarde mesaanval oorleef
“Ons vermoed die aanvaller het van my ouma se oorlede man se klere aangetrek voordat hy gevlug het.”
Bejaarde talle kere tydens huisroof gesteek
ʼn Familielid het aan Maroela Media gesê een van die aanvallers het in Haremse se bed gelê en televisie kyk terwyl sy bloeiend in die motorhuis gelê het.
Meisie (8) ‘omvou deur liefde’ ná gesinslede sterf
Frank, Celesté en Franko Streicher en Lenisè Janse van Vuuren is dood nadat die voertuig waarmee hulle gery het op die R71 naby Gravelotte reg van voor teen ʼn vragmotor gebots het. Lua (8), die Streicher-egpaar se oudste kind, was nie ten tyde van die ongeluk in die voertuig nie.
Limpopo-ongeluk: Leerlingonnie ‘was sonskynmens’
“Lenisè was ʼn sonskynmens wat haar lewe voluit geleef het. Daar was nie een mens met wie sy te doen gekry het in wie se hart sy nie voetspore agtergelaat het nie.”
Seun (6) oorleef gru-ongeluk: ‘Hy is ʼn vegter’
“Net toe ons daar stilhou, het my vrou geskree: ‘Daar lê Janco!’”
Huldeblyke stroom in ná vier van Phalaborwa sterf
“Ons harte is baie, baie seer vanaand, maar ons weet daar waar julle vanaand is, ruil julle nie plekke met ons nie. Ons gaan elke sonskynglimlag van julle mis.”
Skok ná gesin, onderwyser se dood
ʼn Ouerpaar van Phalaborwa in Limpopo, hul jongste kind en ʼn leerlingonderwyseres van die Laerskool Phalaborwa is Saterdagaand in ʼn gru-botsing oorlede.
Trokke tydens Limpopo-betoging verwoes
Vier vragmotors is Dinsdagaand buite Phalaborwa in Limpopo verwoes nadat woedende betogers paaie afgesper en voertuie aan die brand gesteek het.
Derde Phalaborwa-ontsnapte vasgetrek
Die derde verdagte wat verlede Donderdag uit polisieselle in Phalaborwa in Limpopo ontsnap het, is Woensdagaand in die gebied aangekeer.