Penguin Random House sê in ʼn verklaring hy is geskok deur die universiteit se besluit om die geleentheid te kanselleer, en dít boonop sonder om die uitgewer óf skrywer Pieter-Louis Myburgh daaroor in te lig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Pieter-Louis Myburgh"
‘Nie in my naam,’ sê Ace oor boekplunderaars
“Diegene wat voorgee dat hulle ANC-lede of ondersteuners is en boekbekendstellings ontwrig, boeke verbrand, revolusionêr probeer wees of skrywers en joernaliste in my naam intimideer, moet dit staak. Dis optrede wat getuig van politieke onverdraagsaamheid en is teen die vryheid van spraak wat alle Suid-Afrikaners geniet.”
Foto’s: Betogers ontwrig bekendstelling van Ace-boek
Die ANC het laat Dinsdagaand ʼn verklaring uitgereik waarin hy hom van die voorval distansieer.
Boek oor SA se ‘gevaarlikste politikus’ maak steeds opslae
ʼn Herrie woed steeds ná die bekendstelling van die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture die naweek. In die boek skryf Myburgh daar is invloedryke magte in die regerende party wat alles kan verloor as korrupsie en staatskaping aan die kaak gestel word.