“Min mense weet eintlik dat ek blind is nadat ek op die verhoog was.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Pionierskool"
Pionierskool: Sien is glo, maar voel is wragtig!
Kinders sien van kleins af hoe mamma skottelgoed was, hoe ʼn mens ʼn fiets trap, hoe jy swaai of hoe jy jou mes en vurk vashou. Ons kleintjies leer so sien-sien, deur die wêreld om hulle fyn dop te hou en na te boots. Hul lewensverhale ontvou as’t ware soos ʼn pragtig geïllustreerde storieboek voor hul verwonderde ogies. Kinders wat siggestremd is, kan nie uit hierdie voorbeeld, hierdie pragtige prentjieboek leer nie. Maar hulle kan – met die vorming en onderskraging wat die Pionierskool vir siggestremde leerders bied – droom, leer en dóén.