Die 69-jarige boer wat Maandag tydens ʼn plaasaanval naby Zeerust in Noordwes in die gesig geskiet is, se naam is bekend.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Plaasaanval: Rowers eet aandete terwyl hulle slagoffers aanhou
Twee aanvallers het hulleself aan ʼn afgetrede egpaar se aandete gehelp, nadat hulle die egpaar Maandagaand in hul plaashuis naby Groot Marico in Noordwes aangehou en aangerand het.
Boer tydens plaasaanval in die gesig geskiet
‘n Boer is Maandag op sy plaas buite Zeerust in Noordwes aangeval en in die gesig geskiet.
Verdagtes ʼn week ná plaasmoord aangekeer
Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Koos Jonker (79), ʼn bejaarde man wat verlede week tydens ʼn plaasaanval in Limpopo vermoor is.
Bejaarde vrou op plaas beroof
Twee mans verskyn Maandag in die Ladysmith-landdroshof in KwaZulu-Natal nadat hulle glo Vrydagmiddag ʼn bejaarde vrou op ʼn plaas buite dié dorp beroof het.
Boer in Limpopo vermoor
Piet van Wyk (55) is op sy plaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen in Limpopo vermoor.
Vierfontein-plaasaanval: Verdagtes nou van moord aangekla
Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval op die Swanepoel-egpaar van Vierfontein in die Vrystaat, gaan nou van moord aangekla word.
Plaasmoorde het “onaanvaarbare vlakke” bereik
Die landbou-organisasie TLU SA het Dinsdag gesê plaasmoorde en -aanvalle het toegeneem sedert verlede jaar en het onaanvaarbare vlakke bereik.
Bejaarde sterf ná Vierfontein-plaasaanval
Buks Swanepoel (81), ʼn boer van die plaas Sterkfontein naby Vierfontein in die Vrystaat, is Maandagaand oorlede nadat hy en sy vrou, Cornelia (80), op 21 Julie daar aangeval is.
Nuuskommentaar: Rassisme kan ons verskeur
Die meeste verantwoordelike kommentators sal bitter bly wees as die raskwessie die dag nie meer ‘n agendapunt sal wees nie – wanneer die norme van die volkereg neerslag sal vind en nie as dekmantel van rassisme verdink word nie.
Bejaarde op kleinhoewe gemartel; waghond se rug gebreek
ʼn Bejaarde man van Pretoria is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat vier gewapende mans hom Maandag op sy kleinhoewe aangeval en gemartel en sy hond se rug gebreek het.
Plaasmoord: Bejaarde op plaas in Lephalale vermoor
Koos Jonker (79), ʼn bejaarde man van Limpopo wat blyplek by ʼn gesin op ʼn plaas buite Lephalale (Ellisras) gehuur het, se liggaam is Maandagoggend opgespoor.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde, vrot munisipaliteite en AfriForum se 100 000
Dit is trouens ‘n skrikwekkende gedagte waar die land kon gewees het as dit nie vir burgerlike instellings was nie, skryf Herman Toerien.
Lodge-eienaar op plaas buite Thabazimbi vermoor
Die liggaam van Christine Robinson (59) is Woensdagoggend by die Rra Ditau Bush Lodge buite Thabazimbi in Limpopo gevind.
Vroue staan hul man tydens plaasaanvalle
Twee vroue van Mpumalanga het vandeesweek in twee afsonderlike plaasaanvalle hulself suksesvol teen hul aanvallers verdedig.
Richmond-plaasmoorde: Drie swaar gestraf
Twee mans en ‘n tiener is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis nadat hulle Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas buite Richmond vermoor het.
Drie val boer op wildsplaas aan
ʼn 40-jarige boer van KwaZulu-Natal is beseer toe hy Woensdagoggend op ʼn wildsplaas in die Caperdown-omgewing aangeval is.
Boer sterf ná plaasaanval
Andre van Gruening, ‘n boer van die Vrystaat, wat vroeër die maand op sy plaas naby Reitz aangeval en geskiet is, is in die hospitaal oorlede.
MRK verwerp Steve Hofmeyr en Sunette Bridges se klagtes oor wit moorde
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het klagtes van Sunette Bridges en Steve Hofmeyr verwerp oor onder meer die moorde op wit vroue, het Beeld Maandag berig.
Vermeende plaasaanvallers se saak oorgeplaas na hooggeregshof
Die saak teen twee mans van Mpumalanga wat boere in die Malalane-gebied geteister het, is Vrydag na die hooggeregshof oorgeplaas.