“Ek is ʼn boer. ʼn Vriend. ʼn Man. ʼn Pa. ʼn Mens. ʼn Spanmaat. Ek is Suid-Afrikaans. Kom ons staan saam teen plaasmoorde, asseblief.”
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Drie vas ná nóg ʼn plaasaanval
Volgens die polisie was die boer buite sy huis toe hy die ses aanvallers gewaar en hulle op hom losgebrand het.
‘Ons moet sigbaar standpunt inneem teen plaasmoorde’
“Die vraag op mense se lippe is: ‘Wat kan ék doen?’”
Vrystaat-plaasmoord: ‘In sy laaste oomblikke was hy alleen’
“My ma wil nie meer lewe nie, sy sien nie kans nie. My pa is verpletterd.”
‘Plaasmoorde in 2017 reeds soveel as in 2016’
AfriForum het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie die organisasie se statistieke bekendgemaak van die aantal plaasaanvalle en -moorde wat tot dusver vanjaar in Suid-Afrika plaasgevind het.
Klapmuts-plaasmoord: ‘Hulle het my hele lewe in ʼn minuut gevat’
“Ek het vir hom gesê: ‘Ek is lief vir jou.’ Hy het my gehoor, hy wou iets sê, maar het in sy eie bloed geroggel. My dogtertjie het haar pa daar in sy eie bloed sien lê.”
[Video] Boer se hartroerende boodskap ná plaasmoord
“ʼn Ou voel so magteloos en ʼn ou voel jy wil graag help en iets doen vir die land se boere.”
Buitelander met Lephalale-plaasmoord verbind
“Die deurbraak in dr. Werner Emslie (55) se moordondersoek volg ná volgehoue pogings deur die Lephale-polisie en Heritage Protection Group (HPG).”
Agt plaasaanvalle, twee plaasmoorde in ses dae
“Tot dusver in 2017 is daar reeds meer moorde tydens plaasaanvalle gepleeg as die totale syfer vir 2016.”
Nog geen inhegtenisnemings ná vlaag plaasaanvalle
In die jongste aanval is Joubert Conradie vanoggend in die vroeë oggendure dood nadat hy op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing naby Stellenbosch geskiet is.
Boer op Wes-Kaap-plaas doodgeskiet
Joubert Conradie (47), ʼn pa van twee en boer van die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl, is Dinsdagoggend ná ʼn aanval op sy plaas dood.
Boer (65) beseer in nóg ʼn plaasaanval
Die boer het omstreeks 19:00 na sy huis teruggekeer nadat hy ʼn brand by ʼn boomplantasie laat blus het. Hy is na buite om ondersoek in te stel toe sy honde geblaf het.
Toename in plaasaanvalle – strafmaatreëls ontoereikend
“Boere, hul gesinne en werknemers moet paraat wees. Hierdie booswigte hou gewoonlik hul teikens vir ʼn geruime tyd dop voordat hulle toeslaan. Hulle is voorbereid op wat kom, terwyl die slagoffers niksvermoedend aangeval word.”
Vrystaat-plaasmoord: Man het noodboodskap gestuur
Die jong man wat Sondag op ʼn wildsplaas in die Jagersfontein-omgewing in die Vrystaat doodgeskiet is, het kort voor sy dood ʼn noodboodskap van sy selfoon af gestuur.
Vrou op kleinhoewe met skroewedraaier gesteek
Dit is glo nie die eerste keer dat die vrou op die kleinhoewe aangeval is nie.
Balfour-plaasaanval: Vrou (73) moes aanvallers help vlug
ʼn Bejaarde vrou moes Vrydagaand op ʼn plaas buite Balfour in Mpumalanga haar aanvallers help om hul bakkie aan die gang te stoot, terwyl haar man roggelend op die vloer in die huis gelê het nadat hy in die gesig geskiet is.
Weduwee, twee ander skuil in badkamer tydens plaasaanval
ʼn Vrou, haar negejarige seun, ʼn vriendin, die plaasvoorman en werkers is Sondagaand op ʼn plaas in Mpumalanga aangeval.
Jong man op Vrystaat-plaas doodgeskiet
ʼn Ondersoekspan was Maandagoggend steeds op die toneel waar ʼn 21-jarige voorman op ʼn plaas in die Jagersfontein-gebied in die Vrystaat doodgeskiet is.
Man op Balfour-plaas geskiet
ʼn Man is Vrydagaand glo sonder enige waarskuwing geskiet toe hy by sy huis op ʼn plaas in die Balfour-distrik in Mpumalanga ingestap het.
Buit teruggevind kort ná rowers op plaas toeslaan
ʼn Voertuig en ander items wat Sondagoggend op ʼn plaas tussen Steelpoort en Burgersfort in Limpopo gesteel is, is kort ná die voorval teruggevind.