Die man wat Woensdagoggend op ʼn kleinhoewe in Pretoria doodgeskiet is, is die bekende oud-Springbok-fietsryer en tydrenjaer, Jan Hettema.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Kleinhoewe-aanval: Bejaarde doodgeskiet, vrou in kas toegesluit
ʼn Bejaarde man is Woensdagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe buite Pretoria doodgeskiet.
Man op Pta-kleinhoewe vermoor; gesin vasgebind
ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na vier mans wat ʼn 63-jarige man op sy kleinhoewe buite Pretoria vermoor het.
Vermeende plaasaanvaller vas; polisieman gewond
Simon is glo erg deur die aanvallers aangerand en is kritiek beseer. Joy kon daarin slaag om in ʼn kas weg te kruip en is ongedeerd.
Aanvallers dreig dat hulle vrou sal verkrag, martel
ʼn Vrou is Dinsdagmiddag deur vier gewapende aanvallers op ʼn kleinhoewe naby Pretoria oorval, vasgebind en gedreig dat sy verkrag en met ʼn warm strykyster gemartel sal word.
Man op kleinhoewe geskiet
ʼn 52-jarige man is Woensdagoggend tydens ʼn beweerde huisroof op ʼn kleinhoewe buite Polokwane (Pietersburg) in Limpopo geskiet.
Twee vas vir Koedoeskop-plaasaanval
Twee mans, wat na bewering in Mei vanjaar ʼn boer en ‘n werker op hul plaas naby Koedoeskop oorval en aangerand het, is Dinsdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.
Egpaar op Vrystaat-plaas aangerand
ʼn Egpaar is Saterdag in die vroeë oggendure deur twee aanvallers oorval en aangerand op hul plaas in die Verkykerskop-gebied in die Vrystaat.
Polisiehoof genader oor Randfontein-moorde
Dit is vandag presies drie maande sedert die liggame van vier mense, onder wie die negejarige Kayla Meyer, op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand gevind is. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.
Polisie en Agri-SA span saam teen plaasaanvalle
Misdaad het ʼn negatiewe impak op die landelike sektor en gevolglik word daar skade aan Suid-Afrika se ekonomie gedoen, het Johannes Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Donderdag gesê.
Verdagtes vas oomblikke ná Warden-plaasaanval
Vier verdagtes is Maandag binne ʼn halfuur vasgetrek ná ʼn aanval op ʼn plaas buite Warden in die Vrystaat.
Man se lyk op kleinhoewe gevind
ʼn Man se liggaam is Woensdagoggend in sy huis op ʼn kleinhoewe naby Cullinan gevind, nadat hy vermoedelik in die huis doodgeskiet is.
Vlieënier op Muldersdrift-kleinhoewe oorval
“Hy het tussen 00:00 en 01:00 wakker geskrik en gesien hoe een van die rowers uit die kombuis gestap kom, terwyl nog twee deur die venster geklim het. Toe hy opspring, het hulle ʼn rewolwer op hom gerig.”
Plaasmoorde word prioriteitsmisdaad
Een plaasmoord is een te veel. Maar elke plaasmoord wat ons verhoed, is een plaas wat nie sterf nie, een werkgewer wat aanhou om die ekonomie te versterk, een produsent wat aanhou om kos op ons tafels te plaas, een familie wat nie vernietig word nie en een gemeenskap wat nie in rou is nie.
Boer, werker op Limpopo-plaas oorval
ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek nadat ʼn boer en ‘n werker op ʼn plaas naby Koedoeskop in Limpopo deur vier aanvallers oorval is.
Plaasaanval gefnuik: ‘Hy het gekom om my dood te maak’
“Weet jy hoe voel dit om daar te staan en jy sien daardie vuurwapen daar lê, vol gelaai, en jy weet dit was vir jou bedoel? Ek het reg voor hulle gestaan en hulle in hul oë gekyk.”
Plakkers sny boer byna keelaf
ʼn Boer van Paardeberg naby Jacobsdal in die Vrystaat is dankbaar hy leef nadat ʼn groep plakkers op sy plaas hom glo Saterdag byna keelaf gesny het. WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Bejaarde boer op KZN-plaas vermoor
ʼn 77-jarige boer is op sy plaas naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal vermoor.
Vrystaat-boer aangerand oor kluissleutel
ʼn Boer is herhaaldelik aangerand nadat hy en sy vrou Woensdag helder oordag op ʼn plaas buite Hertzogville in die Vrystaat oorval is en hy glo geweier het om die kluis vir die aanvallers oop te sluit.
Vryheid-plaasaanval: Verdagte dood in sel aangetref
ʼn Verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood in sy sel in die Vryheid-polisiestasie aangetref. Van Rooyen en Lombard is in April tydens ʼn aanval op hul plaas naby Vryheid, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.