AfriForum het die adjunkminister van Landbou, Bheki Cele, daarvan beskuldig dat hy die publiek mislei oor die werklikheid op Suid-Afrika se plase en dat hy die pleidooi van diegene wat hulle vir die prioritisering van plaasmoorde beywer, nie ernstig opneem nie.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Twee vas oor Theunissen-plaasaanval
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Martie Bester (68), wie se plaashuis buite Theunissen aan die brand gesteek is met haar liggaam binne-in die huis.
‘Plaasmoorde het niks te doen met ras’
Bheki Cele, adjunkminister van landbou, het Dinsdag gesê aanvalle op plase, wat dikwels met die moord op plaaseienaars gepaardgaan, het niks met die slagoffers se ras te doen nie.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde en haatspraakklag teen Zuma
Herman Toerien neem plaasmoorde en die verband tussen pres. Jacob Zuma se gebrek aan kommentaar daaroor onder die loep.
Drie vas oor Bainsvlei-moorde
ʼn Derde persoon is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op ʼn bejaarde egpaar, Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70) van Kwaggakraal-plaas naby Bainsvlei in Bloemfontein.
Man in hof oor Lephalale-plaasmoorde
Phillip Kgoantha, die 22-jarige man wat verdink word van die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.
Man en vrou tydens Bloem-plaasaanval vermoor
Twee vermeende plaasaanvallers het Maandagoggend die liggame van ʼn bejaarde man en vrou aan die Bloemfontein-polisie uitgewys nadat hulle in die slagoffers se bebloede bakkie betrap is.
Plaasaanvaller vermoor weduwee, steek huis aan die brand
ʼn Vrou is Maandagoggend tydens ʼn vermeende huisroof op haar plaas naby Theunissen in die Vrystaat vermoor, waarna haar huis met haar liggaam daarin, aan die brand gesteek is.
Drie vas oor Muldersdrift-plaasmoord
Drie mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval van ʼn bejaarde egpaar in Lindley, Muldersdrift in Gauteng.
Man vas oor Lephalale-plaasmoord
ʼn 22-jarige man sal Maandag in die hof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo.
Plaasmoord: Niemand nog vas ná Lindley-aanval
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar op hul plaas in Lindley naby Muldersdrift in Gauteng aangeval is nie.
Lephalale-plaasmoord: Oud-polisievrou glo met bloudraad verwurg
Susan Kotze, die 75-jarige vrou wat vermoedelik Maandag in haar plaashuis in Lephalale (Ellisras) vermoor is, was ʼn geliefde vrou van die gemeenskap wat nooit stilgesit het nie.
Lephalale-plaasmoord: Bejaarde vrou op plaas vermoor
Die liggaam van Susan Kotze (75) is Dinsdag in haar plaashuis naby Lephalale (Ellisras) aangetref nadat sy glo verwurg is.
Estcourt-plaasmoord: Boer se naam bekend
Willies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die moord op ʼn 69-jarige boer van Estcourt as skokkend beskryf.
Bejaarde boer in KZN doodgeskiet
ʼn 69-jarige boer is Maandag op sy plaas in Estcourt in KwaZulu-Natal doodgeskiet, het die polisie gesê.
Bejaarde op plaas doodgeskiet
ʼn 67-jarige man is op ʼn plaas buite Sasolburg in die Vrystaat doodgeskiet.
Gestremde Mpuma-boer aangerand
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op Johan Lange (70), ʼn gestremde boer van Mpumalanga, en sy gesin nie, het Beeld Dinsdag berig.
Beloning uitgeloof na moord op Hartenbos-boer
Die polisie het ʼn beloning uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en vervolging van Freddie Tolman (52), ʼn boer van Hartenbos, se moordenaars.
Boer in lokval gelei, doodgeskiet
Freddie Tolman (52) is Woensdag tydens ʼn plaasaanval buite Hartenbos in die Wes-Kaap doodgeskiet.
Skietery op Muldersdrift-kleinhoewe
ʼn Plaasbestuurder is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal en sy vriend is dood nadat hulle oor die naweek tydens ʼn rooftog by ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng geskiet is.