In vandeesweek se episode gesels die Podlitiek-span oor Eskom en beurtkrag, die taverne-tragedie in Oos-Londen, die laaste verslag van die Zondo-kommissie en Panyaza Lesufi wat die ANC se nuwe provinsiale voorsitter in Gauteng is.
Alles vir die sleutelwoord "Podlitiek"
Podlitiek: Bela-wet pla, Covid-las klaar en Mpofu-dissiplinêr wat niks baar
In hierdie week se episode gesels die Podlitiek-span oor die Bela-wysigingswet, die Covid-19-regulasies wat opgehef is en die ondersoek na adv. Dali Mpofu vir wangedrag teenoor ʼn kollega.
Podlitiek: Ramaphosa se kontant, EFF nasionale stilstand en Guptas gevang in buiteland
In die week se episode word daar gesels oor die diefstal op pres. Cyril Ramaphosa se plaas, die EFF wat dreig met ʼn nasionale stilstand en die Gupta-broers wat in Dubai in hegtenis geneem is.
Podlitiek: Onderhoud met Flip Buys
Met die oog daarop dat die Solidariteit Beweging eersdaags sy 120-jarige viering het, en met Buys se 25 jaar aan die stuur wat ook binnekort gevier word, praat die Podlitiek-paneel met Buys oor ‘n wye reeks onderwerpe.
Podlitiek: SEB-adviesraad vir die president en rassevoorval by privaat skool
In hierdie week se Podlitiek-episode word daar twee groot sake op die nasionale nuus-agenda bespreek, naamlik pres. Cyril Ramaphosa se SEB-adviesraad en die vermeende rassevoorval by ‘n privaat skool in KwaZulu-Natal.
Podlitiek: Mthethwa sit pot mis, insident op US-kampus
Op die agenda is die naam van die Taalmonument, die beplande skenking aan Kuba asook die veelbesproke voorval wat onlangs by die Universiteit Stellenbosch plaasgevind het.
Podlitiek: Onderhoud met dr. Leon Schreiber
In dié episode van Podlitiek gesels Paul Maritz met dr. Leon Schreiber, ʼn parlementslid en pasverkose lid van die raad van die Universiteit Stellenbosch.
Podlitiek: Aborsiedebat in VSA, Steenhuisen tussen Oekraïense vlae
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die aborsiedebat in Amerika, die jongste verwikkelinge rakende die Zondo-kommissie en DA-leier John Steenhuisen se besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne.
Podlitiek: Musk se Twitter-koop, Vryheidsdag onder stetoskoop
Die Podlitiek-span wonder of dit nie soms ʼn bietjie makliker is om te kla as om al die vryhede wat ʼn mens wel mag opeis, dan nou op te eis nie.
Podlitiek: Mkhize-skandaal, Gumede bou kraal en MRK faal
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die paneel die Digital-vibes skandaal, Zandile Gumede se oorwinning tydens ‘n onlangse ANC-leierskapsverkiesing en die MRK se veldtog teen Steve Hofmeyr.
Podlitiek: Beleggers gelok, ANC gehok en Poskantoor voor stok
In die week se episode word gesels oor Ramaphosa se pogings om beleggings te lok, die ANC se finansiële moeilikheid en die sukkelende Poskantoor.
Podlitiek: Kuba-skenking gestop, ramptoestand flop en Makhosi Khoza uitgeskop
In dié week se episode van Podlitiek word daar gesels oor AfriForum se hofoorwinning rakende ‘n skenking aan Kuba, die jongste ramptoestandmaatreëls en ActionSA wat Makhosi Khoza se lidmaatskap opgeskort het.
Podlitiek: ʼn Ramp sonder stop; petrolpryse gaan op
Podlitiek is terug en die week word daar gesels oor die herhaalde verlenging van die ramptoetstand, die geweldige toename in brandstofpryse wat verwag word en die Menseregtekommissie se werksaamhede die afgelope weke.
Podlitiek gesels met Ernst Roets
Oor die afgelope paar jare het Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, veral die kollig op hom gerig met sy boek Kill the Boer, sy besoeke aan die buiteland om die wêreld in te lig oor wat in Suid-Afrika aan die gang is, en hofsake in die belang van AfriForum se lede.
Podlitiek: Taal in skole en spraak bedreig, sanksies teen Rusland styg
In dié week se episode #ontnonsens die Podlitiek-span die Wysigingswet op Basiese Onderwys, die nuwe internetsensuurwet, asook die jongste gebeure in die Rusland-Oekraïne-konflik.
Podlitiek: SA red Kuba weer, Malema geweer-verweer
Podlitiek is terug en dié week gesels die span oor Suid-Afrika se jongste lening aan Kuba en die hofsaak teen Julius Malema oor die afvuur van ʼn aanvalsgeweer. Die derde deel van die Zondo-kommissie se verslag kom ook onder die loep.
Podlitiek gesels met Ian Cameron
Ian Cameron van Action Society en firearms.co.za bespreek onder meer die toestand van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die stand van veiligheid in die land, en hy gee advies oor wat om te doen wanneer jy jouself in ʼn misdaadkrisis bevind.
Podlitiek: EFF-haatspraak en Poetin wat oorlog maak
In hierdie week se episode word daar gesels oor die AfriForum/EFF-hofsaak en die afgelope weke se gebeure in Oekraïne.
Podlitiek: EFF-hofsaak; gaan Mpofu kraak en Rogan se vryheid van spraak
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die span adv. Dali Mpofu se optrede tydens die onlangse onderhoude vir die pos van hoofregter, AfriForum se hoofsaak teen die EFF en die herrie rondom Joe Rogan.
Podlitiek: Nzimande se flaters en ramptoestand in troebel water
In die week se episode van Podlitiek ontnonsens die span die minister van hoër onderwys se drogredenasies oor Afrikaans by Stellenbosch asook die hofaansoek om die nasionale ramptoestand tot ’n einde te bring.