In die week se episode van Podlitiek word drie stories onder die loep geneem: die einde van die ramptoestand, die woordestryd tussen president Cyril Ramaphosa en minister Lindiwe Sisulu en Bongani Baloyi se skuif weg van die DA na ActionSA.
Alles vir die sleutelwoord "Podlitiek"
Podlitiek: Ramptoestand dalk beëindig, DNS agterstallig
Die Podlitiek-span verwelkom ʼn nuwe aanbieder en gesels oor die nasionale ramptoestand wat nou afgeskaf moet word, asook die EFF wat restaurante besoek en DNS-toetse wat agterstallig is.
Podlitiek: Sisulu verdeel, Novak wil speel
In dié week se episode van Podlitiek gesels die span oor die uitsprake wat minister Lindiwe Sisulu onlangs oor die regbank gemaak het, sowel as Novak Djokovic se verlengde stryd ten einde deel te kan neem aan die Australiese Ope van 2022.
Podlitiek: 2021 – Jaar in oorsig
Maak seker dat jy inskakel vir hierdie episode waar die Podlitiek-span saamdink en gesels oor onder andere beurtkrag, die munisipale verkiesing, en natuurlik onteiening sonder vergoeding.
Podlitiek: Verpligte entstof grief en Mbeki se brief
In die week se episode van Podlitiek kom verpligte inentings en die brief wat oudpres. Thabo Mbeki aan die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC geskryf het onder die loep.
Podlitiek: Munisipale rade se verrassings en koalisiepolitiek se toekoms
Wat ʼn week in die Suid-Afrikaanse politiek! As jy, soos baie Suid-Afrikaners, wonder wat op aarde aangaan wat koalisies betref, en wat die term minderheidsregering in die eerste plek beteken, dan is hierdie episode vir jou.
Podlitiek: Beëindig die aandklokreël; partye deur EFF verveel
In dié week se episode van Podlitiek kom twee onderwerpe onder bespreking – litigasie vir die beëindiging van die aandklokreël en politieke partye wat skarrel om koalisies in sekere munisipaliteite te vorm.
Podlitiek: Eskom-uitdagings duur voort, politieke partye soek soort
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die situasie wat tans by Eskom heers, asook die skep van koalisies ná die afgelope munisipale verkiesing.
Podlitiek: Munisipale verkiesing – alles en nog wat!
Watter sterk tendense het na vore gekom? Wie was die groot wenners, en wie was die groot verloorders, en dalk meer belangrik: Waarom was dit so?
Podlitiek: Goeie munisipaliteite skaars, en ANC-gyselaars
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor koalisiemunisipaliteite, die krisis by die Breitburg-grenspos, die gyselaarsdrama wat hom by die St. George-hotel afgespeel het en universiteite wat inenting verpligtend wil maak.
Podlitiek: Lesufi van lotjie getik en De Ruyter en Eskom-terugblik
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se jongste uitlatings oor Orania, en word die situasie by Eskom en André de Ruyter se prestasie onder die loep geneem.
Podlitiek: Wanbesteding en verkiesingsontleding
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die R15 miljoen-sportveld in die Oos-Kaap, die bekendmaking van staatsamptenare se salarisse en die berugte DA-plakkate in Phoenix in KwaZulu-Natal.
Podlitiek: Beelde, beleide en beloftes
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor ’n hernude beroep vir die verwydering van die Paul Kruger-standbeeld, die Unisa-hofuitspraak en politieke partye se verkiesingsbeloftes.
Podlitiek: Regering kry bloedneus, staatsverval gevrees, geen Britse Kersfees
In hierdie week se Podlitiek-episode gesels die span oor die omstrede toerismefonds wat onwettig verklaar is en Unisa se taalbeleid wat ongrondwetlik is.
Podlitiek: Politieke moord, Cyril met Zuma vrylating akkoord, Merkel se laaste woord
In dié week se episode van Podlitiek bespreek die span die afgelope naweek se politieke moorde in KwaZulu-Natal, pres. Cyril Ramaphosa wat glo die groen lig gegee het vir mediese parool vir oudpres. Jacob Zuma en laastens die komende verkiesing in Duitsland.
Podlitiek: Zuma vry, Verkiesingskommissie gly, Guinee stry
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die span onder meer oudpres. Jacob Zuma se vrylating op mediese parool, die Verkiesingskommissie se voorgenome heropening van die kandidate-registrasieproses en die militêre staatsgreep wat vandeesweek in Guinee plaasgevind het.
Podlitiek: China-spioen in parlement; ANC se wen-kanse geskend; staat verplig dalk om in te ent
In die week se episode van Podlitiek bespreek die span die gerugte dat ’n ANC-LP ’n spioen vir China is, die ANC se hantering van die komende munisipale verkiesing en die toenemende druk om inentings verpligtend te maak.
Podlitiek: Werkloosheid, verkiesingstyd en VSA uit Afghanistan uit
In dié week se episode gesels die Podlitiek-span oor die jongste werkloosheidskoers, die munisipale verkiesing en die jongste gebeure in Afghanistan.
Podlitiek: Cyril verbaas; privaat krag oplaas; Afghanistan se nuwe baas
In dié week se episode van Podlitiek word daar gesels oor pres. Cyril Ramaphosa se getuienis voor die Zondo-kommissie, die nuwe drempel vir kragopwekking en die Taliban se oorname in Afghanistan.
Podlitiek: Zuma opgeneem, kabinet-probleem en medaljewenners vervreem
Die stories wat die week onder die loep kom, is oudpres. Jacob Zuma se gesondheid, die geskommelde kabinet, en die afwesigheid van beloning vir Suid-Afrika se medaljewenners.