In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die skandaal om Zweli Mkhize, die jongste rakende die onteieningswet en Wêreldrugby se klag teen Rassie Erasmus.
Alles vir die sleutelwoord "Podlitiek"
Podlitiek: Rasklag, Olimpiese sportdrag en vertraagde stemdag
In dié week se episode word daar gesels oor die reuserasklag wat Solidariteit by die VN ingedien het, die treurmare van die EFF se kant jeens die Olimpiese span se kleredrag, en die amptelike kennisgewing dat die verkiesing uitgestel is.
Podlitiek: Februarie-verkiesing en reaksie op plundering
In dié week se episode van Podlitiek word daar gesels oor die voorstel dat die verkiesing uitgestel word, die verskillende reaksies op die plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal en hoe Suid-Afrikaners hulself staatsbestand kan maak.
Podlitiek: Brand Suid-Afrika?
In die week se Podlitiek-episode bespreek die span die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal.
Podlitiek: Jacob Zuma verhuis, Ernst Roets op reis en ANC gekys
In die week se Podlitiek bespreek die span die jongste gebeure om oudpres. Jacob Zuma, Ernst Roets se reis na die VSA en die ANC se verhouding met China.
Podlitiek: SA ingeperk, Zuma opgesluit, sportsterre uitgesmyt
In hierdie week se weergawe van Podlitiek word drie stories wat van groot mediabelang is bespreek, naamlik die vlak 4-inperking, die aankondiging dat oudpres. Jacob Zuma moet tronk toe, en die ontipiese vanne in die Britse- en Ierse Leeus-spanne.
Podlitiek: Gewere, geneeshere en onteieningsvoëls van eenderse vere
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer, die regering se powere pogings tot die plasing van dokters en die jongste besluite rakende onteiening sonder vergoeding.
Luister president Cyril Ramaphosa Podlitiek?
Met die ANC en veral President Cyril Ramaphosa wat in die afgelope week skynbaar ’n paar besluite geneem het wat teen hul beginsels ingaan, wonder die Podlitiek-span of die groot kokkedore aan die sogenaamde stuur van Suid-Afrika dalk van tyd tot tyd op hul podsending inskakel.
Podlitiek: LP’s kry ‘swaar’, Clover vlug-gevaar
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die onlangse uitsprake deur president Cyril Ramaphosa dat parlementslede finansieel swaar kry, die nuus dat Clover die land se grootste kaasfabriek in Lichtenburg gaan sluit weens swak dienslewering en die Mededingingskommissie se besluit om Grand Parade Investments te verbied om hul aandeel in Burger King Suid-Afrika te verkoop.
Podlitiek: Sonder werk, steeds ingeperk, Malema haat nog sterk
Onder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord en ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, skokgolwe deur die land stuur – maar hierdie is nie normale omstandighede nie.
Podlitiek: Staat wil jou wapens kom haal, Mkhize-tenderskandaal
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die nuutste korrupsieskandaal waarby Zweli Mkhize, minister van gesondheid, betrek word.
Podlitiek: NGV-malheid en Poskantoor-skokbeleid
In die episode word daar gesels oor die jongste rakende die Nasionale Gesondheidsversekering (NVG), sowel as die Poskantoor wat vir homself ’n monopolie op pakkies onder 1 kg wil skep.
Podlitiek: Die Ace-sage, aanspreeklike amptenare, valse rassisme-skade
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste verwikkelinge rondom Ace Magashule, die kwessie van water en sanitasie in Koster en die saak van twee polisiebeamptes wat ontslaan is weens valse klagtes van rassisme.
Podlitiek: Modise-saak faal, ANC-werkers nie betaal, borgtog in Mkhondo-moordverhaal
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die saak van Thandi Modise wat van dieremishandeling aangekla is, ANC-werkers wat nie betaal word nie en die Piet Retief-hofsaak.
Podlitiek: Toerismefonds gevries, almal vir Kubane vies en Zille-boek nuus
Die week bespreek die Podlitiek-span die hofuitspraak rakende die rassistiese toerismefonds, die Kubaanse ingenieurs wat verlede week in Suid-Afrika aangekom het en voormalige DA-leier Helen Zille se nuwe boek.
Podlitiek: Toerismefonds grief, chaos in Piet Retief, nóg Kubane ingevlieg
In hierdie episode bespreek die Podlitiek-span die chaos wat in Piet Retief plaasgevind het, die teleurstellende stand van die toerismehulpfonds en die nuus dat nog Kubane ingevlieg is om Suid-Afrika te kom “help”.
Podlitiek: SEB raak rof, ANC-kaders teiken hof en Mkhize staak entstof
In dié week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste verwikkelinge rakende swart ekonomiese bemagtiging, die onlangse beslissing rakende John Hlophe en Suid-Afrika wat die toediening van die J&J-entstof tydelik gestaak het.
Podlitiek: Verkiesings moet gebeur, ivermektien goedgekeur en petrolprys klim weer
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor vanjaar se munisipale verkiesing, die hofsaak oor ivermektien en die petrolprys wat ’n rekordvlak bereik het.
Podlitiek: Cyril getuig, onteiening swyg, Engels groei ruig
In hierdie week se Podlitiek-podsending besin die paneel oor pres. Cyril Ramaphosa wat voor die Zondo-kommissie gaan getuig, die jongste oor onteiening sonder vergoeding en die taalbeleidkwessie by die Universiteit Stellenbosch.
Podlitiek: Koning dood, studente-nood en OB dalk uitgestoot
Podlitiek bespreek hierdie week die dood van koning Goodwill Zwelithini, die protesoptogte op universiteitskampusse landwyd, en die hangende vrae oor die openbare beskermer, Busisisiwe Mkhwebane.