Hierdie week word daar oor Panyaza Lesufi gekla, ondersoek word ook ingestel oor wat tans by Sasol aangaan, en berig word gegee oor die dood van Isis se leier, Abu Bakr al-Baghdadi.
Alles vir die sleutelwoord "Podlitiek"
Podlitiek: Afrikaans gly, Eskom bly en Guptas moet VSA vermy
Die Podlitiek-span bespreek die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Maties se taalbeleid, Ramaphosa se ommeswaai oor Eskom en die VSA wat sanksies teen die Guptas ingestel het.
Podlitiek: Zille wil terug, Eben dalk betig en Duduzane laat ons sug
Die Podlitiek-span bespreek die jongste verwikkelinge by die DA se leierskap, die Eben Etzebeth-sage en Duduzane Zuma se getuienis.
Podlitiek: Steinhoff-kar laat Mmusi bloos en Tito wil die ekonomie troos
Die Podlitiek-span bespreek die Maimane se politieke loopbaan, kyk na Mboweni se ekonomiese planne en die situasie in Hongkog tans.
Podlitiek: Is pakslae iets van die verlede? Is die DA se toekoms vergete?
Podlitiek bespreek vandeesweek uitlatings oor private hoëronderwysinstellings in Afrikaans, die DA en lyfstraf.
Podlitiek: Lesufi, Malema en die misdaaddilemma
Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff skuif weer oudergewoonte agter die Podlitiek-mikrofoon in. Hulle bespreek Panyaza Lesufi en Julius Malema se jongste uitlatings op sosiale media, asook die jongste misdaadstatistiek.
Podlitiek: Fokus op Afrika
Paul Maritz, Ernst van Zyl, en Daniël Eloff van Podlitiek bespreek die nuusgebeure in Afrika. Hulle kyk na Robert Mugabe se nalatenskap, Ace Magshule se magbasis en Nigeriese partye se oproepe om Suid-Afrikaanse sakeondernemings te nasionaliseer.
Podlitiek: Stede in onlus en Mboweni wil die vure blus
Paul Maritz en Hermann Pretorius ontleed in hierdie week se episode die onluste in Suid-Afrika se stede, bespreek Tito Mboweni se ekonomiese plan en sake in Brittanje.
Podlitiek: Skisofrenie in die staat, IVP-leierskap en spraakvryheid
Die Podlitiek-span ontleed die skisofrenie in ons staat en kyk na die IVP se nuwe leier, asook spraakvryheid.
Podlitiek: Kwotas, geld en nogmaals geld
Hierdie week is Paul Maritz, Hermann Pretorius, en Ernst van Zyl agter Podlitiek se mikrofone en praat oor kwotas vir vroulike politici, die CR 17-veldtog en SA se pensioenfondse. Die gedagte van staatshande op ons hardverdiende rande laat Podlitiek ril.
Podlitiek: Die NGV kort salf en Ramaphosa se eerste jaar en ʼn half
Hierdie week vier Podlitiek, of betreur, die 18 maande sedert Cyril Ramaphosa se inhuldiging as president. Daar word ook gefokus op die betogings in Hongkong en wat dit in die breër geo-politiek vir die wêreld beteken.
Podlitiek: OB pleit, Grondverslag bring verwyt en SA nog werke kwyt
In hierdie episode word daar gekyk na die beleërde Openbare Beskermer, die pas uitgereikte verslag oor grondonteiening en die werkloosheidsyfer.
Podlitiek: Onteieningsverslag sonder raad, ANC deur binnestryd geskaad en Zille kry IRV-mandaat
Hermann Pretorius, Ernst van Zyl en Paul Maritz bespreek die pas uitgereikte verslag oor grondonteiening, die ANC se pas afgelope NUK-kongres en die nuwe pos wat Helen Zille beklee.
Podlitiek: OB geboek, Floyd se besoek en Johnny Clegg groet
Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johann Rupert en derdens word die dood van die musieklegende Johnny Clegg bespreek.
Podlitiek: Weermag ontplooi, Zuma se getuienis en Mandeladag
In hierdie episode kyk Paul, Ernst en Daniël van Podlitiek na die ontplooiing van die weermag in die Kaapse Vlakte, oudpresident Zuma se getuienis by die Zondo-kommissie en laastens word die nalatenskap van Nelson Mandela onder die vergrootglas geplaas.
Podlitiek: EFF-rommel, die twiet oor e-tol en Nederland sê nee vir grondonteiening
Die Podlitiek-span kyk na ‘n storie oor die EFF se rommel, die twiets oor e-tol en Nederland wat nee vir grondonteiening gesê het.
Podlitiek: Die weermag verbied boerkas en Ramaphosa in die G20-kas
In ’n nuusweek wat oorheers is deur internasionale stories soos die G20 en president Donald Trump van die VSA se besoek aan Noord-Korea, gaan vind die Podlitiek-span die stories wat in die krake weggesteek en van die voorblaaie weggehou word.
Podlitiek: Afrikaans, universiteite en die toekoms van die jeug
Wat gebeur as jy een oud-Puk, een oud-Tukkie, ’n huidige Matie en ’n huidige Kovsie in ’n opname-ateljee sit en begin praat oor die verlede, die hede en die toekoms? Podlitiek het onlangs juis dit gedoen, en die uitkoms was hierdie aangrypende gesprek oor universiteite, Afrikaans, emigrasie, en die toekoms.
Podlitiek: Nog ’n rigtinglose staatsrede en Phumzile versteur weer die vrede
Daar is, na oorlewering, ’n Chinese welkomsgroet wat lui: “Mag jy in interessante tye leef” – of dit ’n seëngroet of ’n vloekgroet is, sal die ontvanger maar self moet bepaal. Dit kom hierdie week weer duidelik na vore dat Suid-Afrikaners tans in “interessante tye” leef. Met ’n staatsrede wat so hoeka na China die hoof buig, parlementslede wat toeriste te lyf gaan, en Zuma-kaders wat soos die kat weer en weer kom, is dinge alles behalwe vervelig.
Podlitiek: Twitter-parade en nog skade…
Hierdie week kyk Daniël, Ernst en Paul oudergewoonte na die stories wat hulle oog gevang het, en pak dit vir die luisteraar uit. Hulle fokus op Zindzi Mandela se twiets, nuwe wetgewing oor vuurwapens vir sekuriteitsmaatskappye en Ace Magashule.