Die polisie het op die gesin se verwarmer beslag gelê, hulle dit kwansuis tydens onluste sou gebuit het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "polisie brutaliteit"
Slegs 5% van klagtes teen polisie vervolg
Die afgelope ses jaar het Opod amper 30 000 klagtes van polisiebrutaliteit ontvang.
Opod erken knoeiery met kriminele klagtes
Opod het in die parlement toegegee dat hy geknoei het om sy suksessyfers beter te laat lyk en só duisende kriminele klagtes onder die mat gevee.
Moenie menseregte as vanselfsprekend aanvaar nie
Dit is vanjaar die sewentigste herdenking sedert die Universele Verklaring van Menseregte van krag geword het. Tog skryf Salil Shetty, sekretaris-generaal van Amnestie Internasionaal in die jongste jaarverslag dat niemand vanselfsprekend kan aanvaar dat sy menseregte beskerm sal wees nie.
Houe val glo ná polisieman hondjie doodry
ʼn Rustige Saterdag-uitstappie het in ʼn traumatiese ervaring vir ʼn gesin van Villiers uitgedraai, nadat ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, glo hul Basset-hondjie doodgery en dit tot ʼn onderonsie gelei het.
‘Polisiebrutaliteit-skokvideo’: Beamptes moet sê oor ‘skorsing’
Twee beamptes van die Douglasdale-polisiekantoor in Johannesburg het kennisgewings van beoogde skorsings ontvang nadat ʼn video van vermeende polisiebrutaliteit verlede week aan die lig gekom het.
‘Polisiebrutaliteit-skokvideo’: Beamptes geïdentifiseer
Twee beamptes van die Douglasdale-polisiekantoor in Johannesburg het kennisgewings ontvang oor moontlike interne stappe nadat ʼn video van vermeende polisiebrutaliteit vandeesweek aan die lig gekom het.