Die polisie wou Vrydag nie kommentaar lewer oor berigte dat die ANC se BBP-veiligheidswagte met lewendige ammunisie op Bekkersdal-inwoners losgebrand het nie.
Alles vir die sleutelwoord "polisie"
Bekkersdal: ANC met klippe bestook; SAPD brand los op inwoners
ANC-verteenwoordigers moes Donderdag by Bekkersdal in Johannesburg deur hul lyfwagte beskerm word omdat hulle met klippe bestook is.
Polisiebrutaliteit-video: Borgtog toegestaan
Twee polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn naakte man aangerand het, se aansoek om borgtog is Maandag in die Kaapstadse landdroshof toegestaan.
Verdagte doodgeskiet wat polisiebeampte glo aanval
ʼn Vermeende verkragter is Vrydag doodgeskiet toe hy ʼn polisiebeampte naby Pietermaritzburg met ʼn skerp voorwerp aangeval het.
Ooggetuies gesoek ná beweerde polisiebrutaliteit-voorval
Errol Smith, ʼn 50-jarige sakeman en inwoner van Roodepoort in Gauteng, is op soek na ooggetuies wat Woensdagaand ʼn vermeende polisiebrutaliteit-voorval in Randfontein gesien het, aangesien hy bekommerd is oor die welstand van die vermeende slagoffers.
Polisie steeds op bystand vir onwettige myners
Die polisie, metropolisie en nooddienste is steeds op bystand indien enige van die onwettige myners uit ʼn verlate myn in Benoni, Gauteng kom.
Bokser wag nog op polisie
Die voormalige wêreldkampioen, die bokser Dingaan Thobela, sê hy wag twee maande ná ʼn inbraak by sy huis nog steeds om iets te hoor van die polisie.
Valke trek polisiebeamptes vas vir beweerde korrupsie
Drie polisiebeamptes is Donderdag in die Vrystaat deur die Valke se anti-korrupsie-eenheid in hegtenis geneem.
JHB-man skiet glo op polisie ná moord
ʼn Man het Saterdag in Johannesburg se middestad glo ʼn ander man doodgeskiet en toe op die polisie losgebrand.
Hond red bejaarde toeris
Vino, ʼn Duitse herdershond van die honde-eenheid van George in die Wes-Kaap, het tot die redding van ʼn 76-jarige toeris van Brittanje gekom, nadat sy verdwyn het.
Ouers aangekla ná kleuter polisie 15 keer bel
‘n Vrou van New York en haar kêrel is aangekla nadat die vrou se tweejarige dogtertjie hul selfone gebruik het om die 911-noodnommer verlede maand 15 keer te bel.
Nuuskommentaar: Geweld en doodslag voor verkiesing
Terwyl mense in politieke onrus doodgeskiet word, betogings en stakings plaasvind en selfs ‘n polisiestasie bestorm word, dui peilings daarop dat die ANC steeds die komende verkiesing gaan wen.
Sesde polisie-skietdood vir jaar ná vrou se wrede moord
ʼn 15-jarige seun is na bewering die naweek tydens betogings in Limpopo deur die polisie doodgeskiet. Dit is die sesde betoger wat reeds vanjaar dood is weens polisie-optrede by betogings.
Polisie ondersoek 10111-taalklagte
Die polisie het reeds tugstappe gedoen teen die persoon wat nie bereid was om ‘n noodoproep in Afrikaans te hanteer nie, nadat die burgerregte-organisasie AfriForum dit onder hulle aandag gebring het. AfriForum het ook onderneem om die polisie in sy taak te help.
Vier polisiebeamptes vas vir Roodepoort-skietery
Vier polisiebeamptes is Vrydagoggend in hegtenis geneem weens ʼn skietvoorval Donderdag in Roodepoort waartydens ʼn betoger gesterf het.
Diensleweringsbetogings in Wes-Rand
Die polisie is op Maandag op hoë gereedheid geplaas by die Princess informele nedersetting in Roodepoort nadat inwoners verlede week daar begin betoog het.
AfriForum en Lyttelton-polisiestasie stryk taalprobleme uit
Tydens ʼn vergadering wat Dinsdag plaasgevind het, het die Lyttelton-polisiestasie AfriForum tevrede gestel dat maatreëls in plek is om te verseker dat probleme met meertalige dienslewering by die stasie iets van die verlede is.
Video: Geen Afrikaanse polisieverklarings
Engels, of niks nie. Dít was glo die dreigement van beamptes van die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion oor ‘n poging om ‘n Afrikaanse verklaring af te lê.
Klagtekanaal ná 10111-noodlyn diens in Afrikaans weier
AfriForum moes onlangs tydens ʼn poging om ʼn misdaad aan te meld, aanhoor dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 10111-noodlynoperateurs weier om oproepe in Afrikaans te aanvaar. Toe daar om Afrikaanse diens gevra is, is die oproep summier deur die 10111-operateur afgesny.
Polisie ondersoek moord ná tieners se baba sterf
Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moord van ʼn maand oue babaseuntjie in Bredasdorp, het die Sunday Times berig.