As jy jou kruisie hard wil laat praat, gee dit vir die mense wat jou boodskap die beste gaan oordra. Ons het nie meer nodig om tussen die “beter een van twee duiwels” te kies nie. Kies die party wat jy weet jóú belange gaan verteenwoordig.
Alles vir die sleutelwoord "politiek"
Podlitiek-onderhoude: Pikkie Greeff oor die weermag, Trump en die verkiesing
Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), gesels oor die weermag, pres. Donald Trump en volgende jaar se verkiesing.
Podlitiek-onderhoude: Dawie Scholtz praat oor die 2019-verkiesing
Dawie is ʼn groot voorstander van die gebruik van meningsopnames, peilings en data in die verkiesingsproses en glo dat dit selfs in Suid-Afrika van besondere belang is. Hierdie gesprek onderstreep hoe hierdie data in Suid-Afrika gesien moet word en ook wat dit vir ons Suid-Afrikaners op voetsoolvlak beteken.
Links en regs vandag – globalisme teenoor nasionalisme
Die een groot tema wat vandag linkses en regses skei, is globalisme teenoor nasionalisme en lokalisme, skryf Sebastiaan Biehl.
Dit is wat SA kan leer by Amerikaanse politiek
Laat die Amerikaanse ervaring ’n les vir Suid-Afrikaners wees. Beveg mekaar, ja. Maar moenie jou eie brûe agter jou verbrand nie; en hou altyd ’n agterdeur oop.
Akademia bied eerste graad in geesteswetenskappe
Akademia het Vrydag ʼn eerste kwalifikasie in geesteswetenskappe bekendgestel tydens ʼn byeenkoms in Centurion.
Dink twee keer oor beleide
Wanneer meeste mense die woord “beleid” hoor, skop hulle vas. ʼn Beleid is nie net iets wat politici skep om ons lewens moeilik te maak nie, maar ook iets wat in enige organisasie geskep word om die een of ander element van ons lewens te reguleer. Die daarstel van beleide is ʼn kuns.
Nuuskommentaar: Die teorie van politieke relatiewe realiteit
’n Artikel waarin die Amerikaanse joernalis Michelle Malkin die politiek-wetenskaplike terme afstof en selfs ʼn bietjie uitbrei, laat ’n mens besef dat die gewone demokrasie onder druk is, en hupstote van buite nodig het.
Hoekom is so baie regsgeleerdes so onkundig?
Koerante en webwerwe loop oor van die menings van kenners wat hulself beter van die taak kwyt om as woordvoerder vir die regerende party op te tree as wat hulle dit regkry om lesers in te lig oor die ware impak wat staatsinmenging op elke faset van ons lewens het.
Finansiering van politieke partye: Die skadukant
Suid-Afrika is besig om een van die mees deursigtige politieke finansieringstelsels in die wêreld te vestig en positiewe kommentaar stroom van oral in, maar daar is ook ’n skadukant aan die voorgestelde nuwe bedeling.
Van die drie grootste partye is die ANC in die slegste toestand
Jan-Jan Joubert, ʼn gesoute politieke joernalis en skrywer van die boek Wie gaan in 2019 regeer? kyk hierdie week in drie artikels na die situasie in die land se drie grootste partye: die ANC, DA en EFF. Vandag kom die ANC aan die beurt. Lees hier wat Joubert oor die stand van sake in die party skryf:
Die noodsaak van objektiewe geskiedskrywing en interpretasie
Ons behoort mekaar daagliks op te roep tot ’n groter kritiese ingesteldheid teenoor wat oor Suid-Afrika se geskiedenis kwytgeraak word. Soos die historikus wat objektiwiteit nastreef, behoort ons moeite te doen om die feite te weet. Slegs dan kan daar verantwoordelik geïnterpreteer word.
Leierskap en ’n gehoor van Een
Die vraag is nie of ons voor ’n gehoor lewe nie, maar eerder wie ons gehoor is.
Rex Tillerson se blitsbesoek aan Afrikastate: Wat kan ons hieruit wys word?
Na alles kan ʼn mens uit Tillerson se besoek wel agterkom dat politieke en diplomatieke besluitnemers in die VSA – soos voorheen – dit steeds as van strategiese belang ag om bondgenote in Afrika te vind in die internasionale stryd teen terreur. Daarby is dit duidelik dat daar ʼn besef is dat Afrika vanweë die groeiende Chinese invloed op die vasteland allermins geïgnoreer kan word.
Colombië: Eerste verkiesing sedert vredesverdrag met FARC
In die onlangse parlementsverkiesing in Colombië het die regse Sentrum-Demokrate die grootste party geword met 19 setels in die senaat, en hulle leier, oud-president Alvaro Uribe, het verreweg die meeste stemme van enige kandidaat gekry.
Westerse politieke en ekonomiese waardes toenemend uitgedaag
Oor die afgelope paar jaar, en veral sedert die onlangse skuldkrisis in Westerse lande, word algemeen aanvaar dat veral die ekonomiese mag in die wêreld besig is om oos te skuif na lande soos China en Indië.
Agteruitgang van sosiaal-demokratiese partye in Europa: Deel 2
Wat is die redes vir die verval van die sosiaal-demokratiese partye in Europa? Sebastiaan Biehl verduidelik meer hieroor:
’n Meer realistiese politiek nou nodig
Wat die Westerse wêreld nou nodig het, is ’n sterk politieke beweging wat op realistiese ontledings van waar ons nou is en waarheen ons kan gaan, moet fokus.
Liefs Bismarck as Bannon
“Ek het geen sterretjies in my oë oor ubuntu nie. Afgesien van die probleme wat ʼn mens het om dit behoorlik te definieer, hanteer die ANC en die meeste regters van die konstitusionele hof die begrip klaarblyklik net soos en wanneer dit hulle pas.”
Die probleem met versoening
Versoening word in elk geval nie in een dag bereik nie. Dit is ook nie ʼn eenrigtingstraat nie en talle Suid-Afrikaners maak hulself skuldig aan dié wanopvatting.